Boere geskiedenis



Boerevolkstaat
27 Mei 2012 - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 17 Mei 2012 18:23

Balmoral-konsentrasiekampkerkhofGeagte Volksgenote,

Ons is oppad na 31 Mei. Hierdie jaar sal dit 110 jaar gelede wees dat on Boerevolk, by Vereeniging, tot in die stof verneder is deur die eens magtige Brittanje. Dit, nadat hulle meer as 30 000 Boerevroue en kinders van honger en dors laat omkom het. Hulle wou ons uitwis, maar hulle het dit nie reggekry nie. Daardie eer kom die Allerhoogste toe.

Ons gaan Sondag, 27 Mei 2012, weer na Balmoral-kampkerkhof om met die Aksie Emily Hobhouse,'n kranslegging en huldiging te hou vir ons voorsate wat in hierdie helkampe, hulle lewens afgelê het vir die vryheidsideaal. Dit is ons plig want iewers langs die pad, is ons almal gekoppel aan hierdie tragiese daad van gepoogde volksmoord. Die feit dat ons nog hier is, is te danke aan die genade van 'n Hoërhand, wat dit verhoed het. Te meer rede om ons Geloftes te betaal!

Nie almal kan by Balmoral wees nie en daarom is daar ook op ander plekke in die land, huldiging en kransleggingsbyeenkomste, veral waar daar kampkerkhowe is. Kom, laat ons as Boere wys dat ons respek het vir die lydingsgeskiedenis van stoere Boerevoorsate.

Ons wil ook 'n bus van Pretoria na Balmoral laat loop wat die koste aansienlik goedkoper sal maak en die huldiging binne bereik van ook behoeftige mense kan bring. Die koste beloop ongeveer R 3000 en ons samel nog steeds in.

Sien u by Balmoral, waar die Boerevolk sy beloftes gaan betaal!

Piet Rudolph

Boere-Republikeine

 
Boervolk Veiligheidsberaad - 19 Mei 2012 PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 16 Mei 2012 17:41

Andre Visagie

UITNODIGING !!!!!!

AS U BEKOMMERD IS OOR DIE HUIDIGE TOESTAND IN ONS LAND EN U IS DEEL VAN ONS BOEREVOLKSGENOTE EN GLO IN DIE GOD VAN ABRAHAM, ISAK EN JAKOB NOOI ONS U HARTLIK UIT NA DIE VOLGENDE:

BOERVOLK VEILIGHEIDSBERAAD
19 MEI 2012
09:00 – 15:00
ZANANDI VAKANSIE OORD (Brits- R512)
(± 3 km van Damdoryn 4 rigting, in westelike rigting, op ou Rustenburgpad, op Linker kant, – R512)
S 25°43,170 E 27°48,014

VIR VERDERE INLIGTING KONTAK:

-  GELOFTEVOLK REPUBLIKEINE  -

ANDRE VISAGIE : 082 897 1018
ANDRE NIENABER: 071 877 9040


-  WARE BOERE WEERSTANDSBEWEGING  -

GENL-TINUS GEY VAN PITTIUS: 082 896 0993

 
Die disinformasie en vals propaganda rondom die Boerevolk – Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 08 Mei 2012 20:38

Een van die bitterste en vieslike vals propagandasette teen ons Boervolk se vrouens in die konsentrasiekampe was dat hulle vuil en onhigiënies was. Die Engelse het hulle weggehou van water en waar daar wel water was, was dit onbruikbaar of te min. Dit was voor die tyd van reservoirs of krane.

Om bogenoemde af te rond- As die foto bestudeer word, val dit op hoe sindelik en netjies die twee moeders en die kroos van sewe is; die netheid van die omgewing en selfs die ordelikheid binne die gedeelte van die tent, wat gesien kan word. Maar wat egter hartverskeurend is, is die strakheid en stroefheid op die gesigte van die vrouens en kinders. Geen glimlag en geen traan nie. Vader, wat moes hulle deurmaak? Mag ons vergeet?

Daarom pleit ons dat die meer as 30 000 vrouens en kinders wat so vermoor is, nie vergeet mag word nie. Ons huldig hulle nagedagtenis op 27 Mei by Balmoral, Heidelberg en oraloor waar daar konsentrasiekampkerkhowe is!

Konsentrasiekampe

 
Balmoral, 27 Mei 2012 - Orde Boerevolk PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 04 Mei 2012 08:56

Kranslegging en huldiging-Balmoral-konsentrasiekampkerkhof

Boere vroue monument - BloemfonteinEMILY HOBHOUSE- EN BOEREVROU EN -KIND HERDENKING TE BALMORAL, SONDAG 27 MEI OM 11 00

Ons huldig hierdie jaar weer die nagedagtenis van die meer as 27 000 Boerevroue en kinders, sowel as die Bannelinge wat deur die Britte in die Engelse Oorlog doodgemaak is.

Ons eregas vanjaar is Oom Manie Maritz, seun van generaal Manie Maritz, een van die Boerehelde uit die Engels Oorlog. DIE SPREKER BY DIE GELEENTHEID IS MNR MARIUS HARDING, BEKENDE IN BOEREKRRINGE.

Benewens die kranslegging wil ons ook 'n Oupa en kleindogter-fotosessie hou, wat later in 'n boekie uitgegee gaan word. Die dogters moet asseblief in tradisionele drag wees.

Voorts probeer ons weer 'n bus vanaf Pretoria na Balmoral reël. Die koste gaan ongeveer R 80 beloop. Vir nadere besonderhede-Piet Rudolph, Aksie komitee, foon 072 419 3516.

 
<< Begin < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Specials

Banier
Banier

Wie is aanlyn

Ons het 3 gaste aanlyn