Boerevolkstaat
Piet Rudolph is oorlede - 14 Jan. 2020 PDF Afdruk E-pos

 

Ons wil u meedeel van die afsterwe van Piet ‘Skiet’ Rudolph. Eggenoot, Pa en Volksman. Baie dankie aan almal vir die hulp en bystand wat verleen is en steeds verleen word. Ons waardeer dit opreg. Sy stryd is verby maar ons s’n duur voort. Besonderhede van begrafnisreëlings sal ter gelener tyd volg. Sandra en Sandra

Funerali di Piet Rudolph

Piet Rudolph

Piet Skiet Rudolph - 1990

Piet "Skiet" Rudolph

 
Pikswart Botha PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 13 Oktober 2018 07:28

 

DIE VERRADELIKE PIK-FAKTOR

R.F. (PIK) Botha (sedert 1969 lid van die Afrikaner Broederbond - hy was reeds toe 'n vrymesselaar ) maak hy sy politieke debuut in die algemene verkiesing van April 1970 as 'n NP-kandidaat vir Wonderboom. Hy word verkies tot sy kiesafdeling se lid van die Volksraad. As tema vir sy nooienstoespraak in die Volksraad het Botha oorlede Eleanor Roosevelt se Deklarasie van Menseregte uitgekies en gepleit dat die regering van Vorster hom in grote mate daarmee moet vereenselwig. Hilgard Muller, die Minister van Buitelandse Sake en Rhodes-Beurshouer, het hom met die toespraak gelukgewens. Daarvandaan het mnr. Botha in 1971 na die Wêreldhof in Den Haag gegaan en in 'n onderhoud met die Nederlandse beeldradio verklaar dat Suid-Afrika gevorder het van 'n tydperk van oorheersing tot 'n tyd van ontwikkeling in sy binnelandse rasseverhoudings en in sy beleid teenoor sy buurstate. "My regering," het hy gesê, "glo dat sy beleid gelykheid sal meebring, want my regering glo in gelykheid en menslikheid." Pik Botha was toe in Febuarie 1972 in die VSA deur die CIA as agent gewerf. Pik Botha se plasing as Ambassedeur van Suid-Afrika in die Verenigde Nasies het daartoe bygedra dat hy en Samual Huntington, 'n professor in die politieke wetenskap aan die Harvard Universiteit in die VSA en wat ook werksaam was vir die Rockefeller Foundation en Council on Foreign Relations, lang ure saam deurgebring het. Pik Botha het toe vir die VSA as die Rupubliek se Ambassedeur herhaaldelik beloftes gemaak dat die RSA alle apartheid sou afskaf en dat hy persoonlik sou toesien dat Suidwes-Afrika onafhanklikheid verkry. Dr. Hilgard Muller het in 1977 bedank as Minister van Buitelandse Sake. Vorster word deur Harry Opperheimer aan gesê om Pik Botha as sy Minister van Buitelandse Sake aan te stel.Tyd sou leer watter belangrike rol Pik Botha en professor Huntington vanaf 1979 sou speel in die politieke veranderinge in die land.

Bron:
Volksverraad, die geskiedenis agter die geskiedenis bl. 187

 
Pik Botha is in die hel PDF Afdruk E-pos

 

PIK BOTHA………..’N EINDE VAN ‘N ERA - Piet Rudolph

Pik Botha

Mandela met Pik Botha

Pik Botha en ek het nie dieselfde politieke sentiment gedeel nie. Hy was ‘n uiters verligte, wat die eerste Nat was wat gesê het dat hy onder ‘n swart president sou dien. En hy het, deur ‘n onbednullige minister in Mandela se kabinet te word.

Ek onthou nog soos gister toe hy hom verkiesbaar gestel het in Westdene.
Die HNP het vir Jackie Nel teen hom genomineer. Ek was betrokke by Jackie se Komitee en het voorgestel dat ons ‘n pikswart plakkaat met wit letters maak met die woorde: Met Pik Botha is jou toekoms pikswart! Dit het die media en nattes so frustreer dat hulle opgehou het om van Pik te praat maar na hom verwys het as “Meneer R.F. Botha”
Jare daarna toe ek en E.T. hom in sy kantoor gaan besoek het oor ons eis vir Vryheid vir die Boere, het Pik dit onthou. Wat ek van hom onthou was die joviale manier wat hy vir my en die leier van die AWB genooi het vir ‘n dop “omdat die Boeing al oor is”. Ek drink nie en Terre-Blanche het nooit saam met “vyande” gedrink nie.
Pik, soos ander NP-uitverkopers, was lank in die visier van die regses. Ek het ontelbare manne weggehou van enigiets onverantwoordliks. Was dit miskien nie daarvoor nie, het Pik nie so oud geword nie.

AWB - Pietersburg 1986

Vir Pik Botha

 
Ons bring hulde aan Oom Manie Maritz PDF Afdruk E-pos
Maandag, 23 April 2018 22:07

 

Manie Maritz

Ons bring hulde aan Oom Manie Maritz.

Gebore 5 April 1925.
Oorlede 18 April 2018.


Ons innige simpatie aan Oom Manie se naaste familie en aan sy groter familie.

Oom Manie Maritz was 'n Boer in murg en been.

Oom Manie het vir ons volk die Boerevolk geywer en met liefde sy deelname gelewer.

Geseënd is die van ons wie se lewens hy aangeraak het.

Hendri Barend Strydom


 
<< Begin < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Specials

Banier
Banier

Vriende

Banier

Wie is aanlyn

Ons het 14 gaste aanlyn