|
‘n Kragtige noodoproep - Piet Rudolph |
|
|
|
|
Woensdag, 28 Desember 2011 15:35 |
|
‘n KRAGTIGE NOODOPROEP
In ‘n insiggewende artikel getiteld “No human or civil rights rights for the white minority or Afrikaner in South Africa”, skryf Sonia Hruska, onder andere die volgende:
“The double standards practiced by the UN are legendary, now the question remains if the global community will remain silent against the backdrop of the Genocide of the white minority.
The white minority and Afrikaners/Boers will have to challenge this gross violation of their human and civil rights collectively on international level.
Time to set aside our differences and tackle one of the most demanding challenges that we have faced as a nation as it determines our future and the future of our children. We know where we are heading if we continue on our current course, let us then build bridges to change it… Nobody is going to do it for us, the ball is now in our court….”
Dit bevestig die twee kardinale uitgangspunte van ons benadering by Boere-Republikeine, naamlik dat as witmense ons nie by die VVO of enige ander buitelandse liggaam/liggame gaan reg kom nie. In elk geval nie as Afrikaners nie, want “ons” is die mees gehate draers van apartheid. Elke ding wat onder daardie naam gedoen word sal beskou word, ten regte of ten onregte, as ‘n poging om apartheid te laat “herlewe”. Daardie argument van die wêreld kan tot ‘n groot mate geneutraliseer word met die aandrang om die Boererepublieke te herstel, wat Internasionale erkenning geniet het. Daarom moet daardie aandrang ook uit een mond wees.
Sonia se ander punt oor Volksmoord-Genocide, wat eendragtige onderskraging eis, is die stelling: The white minority and Afrikaner/Boers will have to challenge this gross violation of their human and civil rights collectively..” Hierdie is een van die kragtigste oproepe wat ek lanklaas gelees het, en verdien elke greintjie van ons kollektiewe optrede. “Nobody is going to do it for us, the ball is now in our court.”
Piet Rudolph: Aksiekomitee: Orde Boerevolk.
|
|
|
Maandag, 26 Desember 2011 11:15 |
|
Ons hoef oor niks anders saam te staan nie, want die idee is vir sommige van ons te groot. Maar iets waaroor ons gedwing gaan word om saam te staan en iets aan te doen, is die moorde op ons mense omdat hulle wit is Die Bolsjewiste gaan niks daaraan doen nie en hulle klap hande omdat ons niks kan doen nie!!!! (PJR)
|
|
Vrydag, 23 Desember 2011 19:32 |
|
In hierdie seisoen van welwillendheid en meelewing, kan geen redelike mens anders as om tyd af te staan aan 'n terugblik op ons pad van stryd, die verskillende fasette daarvan en selfs uiteenlopende benaderings en selfs verwagtinge. Daar is groot verskille en self vyandelikhede onder ons. Maar daar is ook raakpunte.
Ons aan die regterkant van die politiek is tot so 'n mate gefragmenteer, dat ons nie ernstig opgeneem word nie.
Die versugting in baie van ons harte is dat ons bymekaar moet uitkom en iets kan tot stand bring om die enorme probleme wat ons in die gesig staar, die hoof te bied. Dit is nie onmoontlik nie. Trouens dit is wenslik.
Ons tyd word min. Mag daar in die jaar wat voorlê,'n basis gelê word WAAROP ONS KAN BEGIN BOU OM ONS VRYHEID TE HERWIN. (Piet Rudolph - 23/12/2011)
|
|
Ons bring hulde: kommandant Jopie Fourie |
|
|
|
|
Woensdag, 21 Desember 2011 13:57 |
|
ONS BRING HULDE- kommmandant Jopie Fourie Gebore op 17 Augustus 1879 Sterfdatum op 20 Desember 1914 in ‘n agterplaas van die Sentrale gevangenis, Pretoria.

Hierdie Boereheld wat kinderloos gesterf het voor ‘n vuurpeleton van genl Jan Smuts omdat hy gerebelleer het teen die Britse regering van Sy Majesteit, die koning van Engeland, verhoor onder die Union Jack.
Toe ‘n afvaardiging, waaronder predikante, vir Smuts by sy huis by Irene, gaan sien het om te pleit vir begenadiging, was hy nie “tuis” nie maar daar is gesien hoe hy by die agterdeur van sy huis uitglip en in die veld in verdwyn!
Gister was dit 97 jaar gelede. Boereharte treur nog van “duldelose smarte” oor al die onreg deur die eeue aan ons Boerevolk gedoen. Dikwels deur mense wat voorgee om van “ons mense” te wees.
Getrou tot die dood geoffer vir Volk en Vaderland. Jopie Fourie – Ons sal onthou!
Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee Orde Boerevolk. E-pos: piet.rudolph@gmail.com |
|
Balmoral-konsentrasiekampkerkhof - Ope brief, Orde Boerevolk |
|
|
|
|
Maandag, 19 Desember 2011 15:24 |
|

OPE BRIEF
Orde Boerevolk Posbus 49018 Hercules 0030 e-pos: piet.rudolph@gmail.com
19 Desember 2011
Me Hermien Geldenhuys Sekretaresse Direksie BVKB-terreine Balmoral Geagte Hermien
BALMORAL-KONSENTRASIEKAMPKERKHOF
1. Weereens baie dankie vir u hulpvaardigheid met die kranslegging by die kerkhof te Balmoral. 2. Ons wil dit op rekord plaas dat ons wellewenheidshalwe, aansoek gedoen het vir toestemming om daar te wees, maar dat ons geensins daarmee toestem dat die begraafplaas private besit van enigiemand is nie. Ons glo dat dit volksbesit is en bly. U direksie het egter daarmee, na my beskeie mening, verantwoordelikheid aanvaar vir beheer en toesig van die begraafplaas. 3. Die Orde Boerevolk is in die proses om 'n komitee in die lewe te roep wat die Boerevolk se belange by Balmoral sal beskerm. Met die oog hierop wil ons graag die onderstaande onder u aandag bring: 3 (a) Tydens ons kranslegging by die konsentrasiekamp- kerkhof op 10 Oktober 2011, het ons agtergekom dat die staalomhiening van die begraafplaas beskadig is deurdat beeste daaraan vasgemaak word. 'n Bees was nog steeds aan die heining vasgemaak. Daar is vasgestel dat die bees aan ene, Hendrik Swanepoel, behoort. Hy is gewaarsku om die praktyk te staak omdat ons, sterk eksepsie neem. 3(b) Met die kranslegging op 16 Desember 2011 is gevind dat die heining verder beskadig is; kettings en drade aan die heining aangebring is en 'n kalfie daaraan vasgemaak is; dat daar beesmis binne die begraafplaas lê en die afleiding gemaak kan word dat die begraafplaas gebruik word as 'n kraal. Van die grafstene is omgestamp en gebreek. 4. Ek wil namens die Orde Boerevolk, ernstig beswaar maak oor die wyse waarop daar by Balmoral met ons erfenis omgegaan word en dat dit sienderoë deur die Direksie van Balmoral, toegelaat word. 5. By 'n vorige geleentheid en met die beskadiging van die gedenknaald, het ek my tot die gereg gewend. U bestuur het niks daaraan gedoen nie. Die naald is deur kommandant Ratte herstel. 6. Die begraafplaas is in 'n erge verwaarloosde toestand en ons dring daarop aan dat u, die verantwoordelikheid aanvaar om dit te herstel en in stand te hou. 7. Ons is van voorneme om regsadvies in te win oor die moontlikheid van 'n kriminele geding teen u direksie en Swanepoel. 8. Voorts is dit my voorneme om die aangeleentheid onder die aandag van die Erfenisstigting te bring, wat ook verantwoordelik vir Balmoral en ander kerkhowe, is. Graag verneem ek van u. Piet Rudolph Aksiekomitee: Orde Boervolk. |
|
|
|
|
<< Begin < Vorige 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 Volgende > Einde >>
|
|
JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL |