Boerevolkstaat
Geloftefees - 16 Desember 2011 - AWB PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 16 November 2011 16:15

Blood Rivier, 1981

Die Geloftefees op 16 Desember 2011 vind plaas by Sikelele Adventure Village, Magaliesburg. GPS-koördinate S 25’56.273 en E 027’20.140. U kan ook die AWB-kantoor skakel vir navrae - 018 2642516 of 018 2643669.

Die verrigtinge begin Saterdag om 10h00. Die erediens word waargeneem deur ds. Ben Maree en die feesrede word gelei deur Willem Etsebeth. Die publiek is welkom by die Geloftefeesvieringe. ‘n Volledige program sal op ‘n later stadium beskikbaar gestel word.

Op Saterdag 17 Desember 2011 om 09h00 vind ‘n AWB Landsberaad plaas op bovermelde terrein waartydens elkeen insette kan lewer om die nuwe jaarprogram te beplan. Elkeen se insette is van uiters belang aangesien ons ook moet besin oor ons verbintenis met ander organisasies en die rol van die Beweging binne die pas verkose Volksraad. Hierdie Landsberaad is slegs vir ingeskrewe en voornemende AWB lede.

Toegang: - R 40.00 per persoon per dag – dit sluit oornagkoste in indien u sou wou oorslaap
- kinders onder 16 jaar is gratis

Chalets is beskikbaar asook kampeergeriewe vir diegene wat wil oornag. Bring eie beddegoed, eetgerei en kos. Braaipakkies sal te koop wees teen R35.00. Indien u belangstel, moet dit saam met die toegangsgeld oorbetaal word. Kombuis met gasstowe en ablusiegeriewe is ook op die terrein. Besprekings word by AWB Hoofkantoor gedoen.

Daar is slaapgeriewe vir slegs 400 persone en u word aangeraai om so spoedig moontlik te bespreek en bewys van inbetaling deur te stuur na Hoofkantoor om te verseker van u oornaggeriewe en spesifiseer asseblief hoeveeel braaipakkies. E-pos adres: mtb@telkomsa.net of faks na 018 2642516. Meld asseblief u voorletters en van as verwysing.

Die bankrekening wat u vir die doel gebruik is:

ABSA
RGBfonds
Reknr. 4072333273
Takkode: 334539

U neem dan u bewys van inbetaling op 16 Desember 2011 saam na die terrein om toegang te verkry.

 
Geloftedag 16 Desember 2011 - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Maandag, 14 November 2011 19:37

Boere GeloftedagHierdie jaar spoed te einde. Ons nader Geloftedag met groot kwellings in ons gemoed, midde in 'n verskeurde wêreld met die wete dat ons stoere voorsate ook hulle benouenis gevoel het oppad na hulle 16 Desember 1838. Watter voorreg dat ons hier is om dit te mag gedenk.

Soos gewoonlik gaan ons hierdie jaar ook weer na Balmoral-konsentrasiekampkerkhof om van die geleenth...eid gebruik te maak om kransies te lê ter herdenking aan die oor die 400 vroue en kindertjies wat hier van siekte, honger en dors omgekom het ter wille van ons Boerevolk se vryheid.

Dit word elke jaar moeiliker en duurder om By Balmoral uit te kom en hierdie jaar is daar 'n wesenlike gevaar dat die kerkhof platgestoot of ons verhoed kan word om ons pligpleging aldaar voort te sit. Gaan, sal ons egter gaan. Ons is in Sy hande soos wat ons vaders was op hulle 16 Desember.

Die program sal later bekend gemaak word. Hierdie jaar versoek ons u om te kom: u familie en vriende saam te bring en Boere eensgesindheid te kom ervaar. Vir latere nadere besonderhede, hou asb hierdie spasie dop. Piet Rudolph (13/11/2011)

 
Die semantiese bedrog van die VVK gedrog! - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 10 November 2011 15:48

NO Boere-Afrikaner? VolksraadDie Verkosenes van die VVK-lede wat na hulle verwys as Volksraad is misleidend. Watter volk verteenwoordig hulle? Andries Breytenbach praat nou ewe skielik van die Boere-Afrikaner, 'n woord wat hy nooit tevore in sy mond sou geneem het nie.

Die VVK is 'n nuwe politieke party wat die VVK verteenwoordig en dis al. Dit kan met daardie klein persentasie van... stemme, nie eers die Afrikaner waaop hulle so roem, verteenwoordig nie.

Al wat uit hierdie oefening nou duideliker word, is dat die aksie van die VVK, 'n breinkind is van die HNP. Andries Breytenbach as leier van die HNP sou nooit toestemming gekry het om met die ANC te onderhandel nie. Trouens dit sou 'n linksomkeer van die HNP-beleid wees. Dit is nou netjies omseil. So werk die politiek! Piet Rudolph. (10/11/2011).

 
VVK, saak teen Piet Skiet teruggetrek - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 08 November 2011 23:51

Vryheid vir die Boervolk!

Persverklaring:

Die vals kriminele saak wat deur lede van die VVK teen my gemaak is toe ek op 17 Februarie 2011 by hulle vergadering by Paardekraal gaan vrae vra het, is vandag teen my teruggetrek in die Magistraatshof te Krugersdorp. Dit is gedoen deur die klaers self. Ek het hulle belowe dat hulle in is vir 'n ding.

Op 74 jaar is ek aangerand, in die gesig gespoeg, gevloek, geskop en geslaan binne die vergadersaal te Paardekraal en die belhamels, manne van 30-35 jaar was van plan om die aanranding buite Paardekraal in die straat, voort te sit. Ek moes die nag in die poliselle slaap as gevolg van vals klagtes.

Ek is aangerand en hardhandig behandel deur Afrikaners omdat ek die volgende vraag gevra het. Ordeel vir uself:
Voorsitter,
My naam is Piet Rudolph. Dit is ek wat in 1970 by Sakkie vd Merwe in sy huis was. Dit is 40 jaar gelede. Ek is steeds hier. Ek kom vir u sê, my vraag wat ek wil vra, gaan ek vir Paul Kruger vra. Slim man, regsgeleerde; ‘n slag deur die tronk geloop en amnestie gevra en gekry het, as ek dit reg het.
Vriende, ek staan hier en ek het hierheen gekom omdat ek vir u onbeskaamd wil sê hier is nie iemand in hierdie saal wat ‘n groter vryheidsdrang het as ek nie. Dit is hoekom ek gekom het, dit is hoekom ek gekom het hier na Paardekraal.
Maar soos wat daar in die Christendom, groot bedrieërs is, is daar in die volk ook groot bedrieërs. U moet ons nie kom bedrieg deur te sê dat u, Boer is nie, terwyl u eintlik iets anders bedoel nie. Moenie vir ons kom vertel van Vryheid nie. Watter Vryheid praat u van as u van Vryheid praat?
Ek, as ‘n Boer, ken net een Vryheid en dit is die vryheid van die Boererepublieke wat herstel moet word. Ek sê nou vir u onomwonde, u is besig met ‘n nuwe ding. U kan dus ook besig wees met ‘n nuwe volk, maar u is nie besig met die herstel van die Vryheid van die Boerevolk nie. En dus hoekom ons by Paardekraal is. Daardie Boerevolk se Vryheid het hier by Paardekraal verbygeloop. As u nie bereid is om op te staan en te veg vir die Vryheid van dié volk nie, dan sê ek vanaand vir u, u stryd is verlore. Sê my, mnr Kruger, u is besig met ‘n nuwe ding, dit is nie die herstel van die Boererepublieke nie?

 
Vryheidstrewe - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 04 November 2011 21:51

BoerestaatDie verskil tussen Boer en Afrikaner is die vryheidstrewe. Die Afrikanergroepe soek selfbeskikking en 'n lappie grond wat hulle 'n Volkstaat kan noem. Die Boerevolk wil die Boere-Republieke terughê waarvoor ons voorvaders gestry en gely het. Niks meer en niks minder nie. Wie die Boerevolk se geskiedenis nie ken nie, sal ook nie sy strewe verstaan nie. Daarom kan Boer en Afrikaner nooit dieselfde wees nie! (PJR)

 
<< Begin < Vorige 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Specials

Banier
Banier

Vriende

Banier

Wie is aanlyn

Ons het 23 gaste aanlyn