Boerevolkstaat
Vryheid en Boere-republieke - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 18 Oktober 2011 15:06

Boerestaat'n Volkstaat is die verbeeldingsvlug van mense wat hulle volk se geskiedenis nie ken nie. Strooihalms gaan ons nie help nie. Vryheid en die herstel van die Boere-republieke is sinoniem en onveranderlik. Laat diegene wat Noord-Kaap toe wil vlug, dit doen. Dit is net so min 'n oplossing as wat die uitwyk na Argentinië, na die Engelse Oorlog 'n oplossing was. Daardie mense het as Boere verdwyn. Wil u in die Noord-Kaap die Kleurlinge gaan versterk? Wat ons s'n was bly ons s'n. Niks meer en niks minder! P.J.R. 17/10/2011.

 
Terre'Blanche, sy moordenaars klein engeltjies – Kmdt. Ratte PDF Afdruk E-pos
Sondag, 16 Oktober 2011 11:42

Terre'Blanche familie

As ek ET se familie was, het ek vir die staat gese dat as DIT die prys is wat ons moet betaal om die moordenaars aan die pen te laat ry (indien hulle nie loskom nie..), dan sal ons liewer pass. Om darem nadoods so beswadder en besmeer te word, is walglik. Vat maar hierdie smeer, en dan 'n ander opskrif wat ek toevallig gesien het “... (his) genitals exposed...” Maak nie saak wat mens van hom dink nie, en afgesien van die feit dat die jonge so pas dit duidelik gestel het dat hy eers NA die moord in die kamer ingekom het (hoe de joos kon hy dan genader gewees het as hy nie eens daar was nie...), die hele ding het ontaard in 'n walglike smeer-storie van iemand wat brutaal vermoor is, maar nou voor die hele wereld beswadder en besmeer word so asof HY die misdadiger is. En sy moordenaars klein engeltjies.... Dis siek, rerig.


Willem Ratte
(Boodskap van Facebook. Vrydag, 14 Oktober, 2011)

Kmdt. Willem Ratte

 
E.N. Terre’Blanche - in tere herinnering PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 11 Oktober 2011 22:54

Eugene Ney Terre'Blanche, 1 Maart 2008

Aan ‘n kameraad, leier en Volksman- in tere herinnering! E.N. Terre’Blanche (Piet Rudolph)

Miskien ook sal ons sterwe
en iewers ruggelings stort,
daar hierdie helder aarde
in ons verdonker word.

Miskien sal niemand later
mooi dinge van ons weet,
en nêrens sin te kry wees
in al ons stryd en leed,
sal elkeen as hy magteloos
naby die sterwe lê,
net hierdie eensaam wete
uiteindelik nog hê:

dat ons nie kon gebuig word
soos hul geweld dit wou,
en dat ons hoog kon lewe
net aan ons bloed getrou.

- NP van Wyk Louw.

 
Martie en Bea - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 11 Oktober 2011 11:25

Martie, Eugene en Bea Terre'BlancheVader, vanoggend bid ek vir U erbarming en omvouing van Martie en Bea, wat hierdie afgryslike wandaad weer moet belewe en vir ons volk wat worstel met die wurggrepe van die verdrukker wat ons probeer versmoor. Ons is in U hande. Sonder U is ons verlore. Amein.

 
Balmoral, 9 Oktober 2011 - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Maandag, 10 Oktober 2011 13:29

Balmoral, 9 Oktober 2011ONS WAS DAAR!!! DANKIE BOER-PATRIOTTE, die wat nie praat nie maar doen!!!!!
Dit was ‘n vreugde om gesinne daar te sien met hulle kinders. Wat ‘n voorreg om juis die ou kleintjies te leer van ‘n Volk wat nie wou gaan lê nie en om hulle te huldig: “As jou Vryheidsdag, eens oor jou velde lag, weet wie te danke is, eer hulle nagedagtenis. Ons het u naam gehuldig, presidente, moeders en kinders.

 
<< Begin < Vorige 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Specials

Banier
Banier

Vriende

Banier

Wie is aanlyn

Ons het 8 gaste aanlyn