Boerevolkstaat
Balmoral, 9 Oktober 2011 - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 08 Oktober 2011 16:13

Balmoral, 29 Mei 2011

Saamtrek van Boere by Balmoral môre-oggend 11:00 om kranse te lê en hulde te bring aan presidente Paul Kruger en MT Steyn. Ons maak die Boerevolk bymekaar!!!!!! Ons is 13:00 klaar. Kom luister na roerende Volksboodskappe.

As u nie daar kan wees nie, stuur u boodskappies.

 
Veranderende gety - JP Meyer PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 07 Oktober 2011 14:21

Boere maagde op die brandstapel van die wereldDie gety is besig om te verander. Sien jou Sondag 09 Oktober 2011 om 11:00 by Balmoral.

Bring Stoele saam.

 
Ons hoor die kinderkoor - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 07 Oktober 2011 14:04

Balmoral

Die egte Boerevolk is in opmars onder sy vlae- Die Vierkleur en Vrystaatse vlag. Vir ons lewe ons presidente, Kruger en Steyn. Ons hoor die kinderkoor van 24 000 Boerekinders wat sing van Boerevryheid. Wie sal ons stilmaak? Straatbrakke wat die aantog hoor? Ons is ‘n vrye volk wat weier om slawe te wees! (pjr 6/10/2011)

 
Ons is Boere en wil Boere bly! Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 06 Oktober 2011 11:59

Laat hulle wat Afrikaners wil wees, dit wees. Ons is Boere en wil Boere bly! Piet Rudolph

 
Afrikaner “volksraad” - Dr. Lets Pretorius PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 05 Oktober 2011 15:57

PERSVERKLARING
NUUSBERIG OP ENUUS IN AFRIKAANS - DINSDAGAAND 4 OKTOBER 2011 – VOLKSVERKIESING VAN AFRIKANERS GEREEL DEUR DIE VVK

Dr Johan Lets Pretorius

Na aanleiding van ‘n nuusberig wat gisteraand 04/10/2011 op eNuus verskyn het en berig is oor die volkverkiesing van ‘n Afrikaner volksraad deur die Volks Verkiesings Komitee [VVK].

In die nuusberig is vermeld dat die “volksraad” optree namens die Boerevolk. Dit is nie korrek nie.
Die Boerevolk Verteenwoordigende Raad [BVR] teken hiermee amptelik beswaar aan, teen die verkeerde en misleidende nuusverklaring van die VVK, dat die Boerevolk enigsins betrokke is in, of van die aksies, wat gedryf is deur die HNP, die Verkenners beweging, die Kommandokorps, Radio Pretoria en die AWB.

Sedert 2008 het die BVR hulle distansieer van die sogenaamde “volkverkiesing” en die Boerevolk het geensins deelgeneem aan die aksies nie. Dit is uit en uit ‘n Afrikaner aksie van ‘n klein groepie Afrikaners sonder enige spesifieke identiteit.

Geen van die kandidate wat verkies is het ‘n mandaat om namens die Boerevolk op te tree nie. Vir u inligting die volgende persone is verkies tot die “volksraad”:
Andries Breytenbach - Leier van die HNP
Abel Malan – President van die Verkenner beweging.
Ben Geldenhuys – Voormalige president van die Verkenner beweging
Henk van der Graaf – aanbieder by Radio Pretoria
Steyn von Ronge – Leier van die AWB
Franz Jooste – Leier van die Kommandokorps
Sakkie van der Merwe - voormalige aanbieder by Radio Pretoria
Ettiene le Roux - voormalige AWB wat amnestie ontvang het by die WVK
Tiaan Theron – lid van die Orania beweging en lid van die Verkenner beweging.
U sal dus merk dat nie een van die persone enige verbintenis het met die Boerevolk nie.

ONS VERSOEK VRIENDELIK DAT DAAR ‘N REGSTELLING OP U ENUUS PROGRAM GEMAAK WORD DAT DIE BOEREVOLK HULLE DISTANSIEER VAN DIE AKSIES EN GEEN VAN DIE PERSONE ENIGE MANDAAD BESIT OM NAMENS DIE BOEREVOLK TE ONDERHANDEL NIE.

Dr Johan Lets Pretorius
President van die Boerevolk Verteenwoordigende Raad

 
<< Begin < Vorige 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Specials

Banier
Banier

Vriende

Banier

Wie is aanlyn

Ons het 9 gaste aanlyn