Boerevolkstaat
Afrikaner verkiesing - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 04 Oktober 2011 10:14

VierkleurDie VVK - Die aantal stemme uitgebring en die name van die suksesvolle kandidate is bekend. Van ons kant af wil ons die VVK en die kandidate gelukwens. Dit was ‘n grootse poging en die storm en drang van die openbare lewe lê voor. Ons stem steeds nie saam met u siening van vryheid nie omdat ons Boere-republikeine is. U wou ‘n Afrikaner verkiesing hou en u het die Boere uitgesluit. u poging om ‘n bewustelose “volk” tot aksie op te roep was lofwaardig en ons hoop dat ons mekaar iewers voor sal vind op pad na ware vryheid - Piet Rudolph

 
Krugerdag 2011 - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Sondag, 02 Oktober 2011 08:00

Krugerdag:
Ons huldig president Kruger van Transvaal en president MT Steyn van die Oranje Vrystaat

Boere presidente: Martinus Theunis Steyn en Paul Kruger

Geagte Volksgenote

Krugerdag, hierdie jaar is op Maandag 10 Oktober. Dit is ‘n Boeregedenkdag. Omdat dit nie meer ‘n vakansiedag is nie en die meeste van ons mense darem nog werk, reël ons gewoonlik ‘n byeenkoms van Boere op die Sondag, die naaste aan die 10 Oktober.

Ons wil weer beklemtoon dat die byeenkoms, ‘n Boeresaamtrek is en nie gereël word in die naam van ‘n spesifieke groep of organisasie nie. Daar word ook nie fondse ingesamel nie. Ons kom bymekaar omdat ons Boere is en Boere wil bly.

Die verrigtinge vind plaas by die Balmoralkonsentrasiekamp-kerkhof waar ons  jaarliks ook ander Boeredae hou en dit neem die vorm aan van ‘n kranslegging. Daar sal ook twee of drie kort toesprakies wees, hoofsaaklik oor ons Boere-erfenis. Die verrigtinge begin om 11:00 en behoort om 13:00 klaar te wees.

Balmoral is die plek waar daar oor die 400 vrouens en kinders deur die Britte om die lewe gebring is in die Anglo-Boere-oorlog van 1899-1902.

Die gevierde president Steyn het as student reeds sy gebondenheid  aan die Boere van Transvaal, betuig in ‘n brief wat hy aan die Manchester Guardian geskryf het op 25 Januarie1881, terwyl hy in Engeland studeer het. Hy skryf:

“Dear Sir
During the last few weeks numerous letters have appeared in English papers, with the intention for prejudicing the minds of the English people against my unfortunate countrymen, the Boers of South Africa, especially of the Transvaal, who are portrayed as an ignorant, prejudiced, cruel and anti-English.

I admit an anti-English feeling did exist during the earlier part of the present century, caused by the oppression and wrong which culminated in the tragedy of Slagtersnek, and that feeling lasted until the English Government withdrew its authority from the country north of the Orange River in 1854. It must, however, be borne in mind that the estrangement was not at all on the side of the Dutch, and that the British Settlers were strongly  prejudiced against us. During the last 30 years, however, a better feeling has grown up [sic] between the Europeans born in the country of English and Dutch extraction. The Boers living in the Orange Free State and the Transvaal are connected by ties of kindred and friendship with the best families in the Cape Colony, their sons and daughters are sent to educational institutions in Cape Town to perfect themselves and a large number of young Dutchmen come to England every year to study at the English and Scotch Universities. The result of this intercourse is a kindlier and more generous feeling between the Dutch and English populations in South Africa …

The struggle about to be entered upon will reopen the wound which has almost healed, and will destroy the only basis upon which a South African nationality can be formed which in time would lead to the much desired confederation of the various States.”  MCE van Schoor - Marthinus Theunis Steyn (bls 29/30.)

Later sou Pres Steyn sy gewig by die Transvaal ingooi met die Anglo-boere-oorlog tot die bittereinde. Ons eer hom.

Sien u by Balmoral. Bring u kinders, familie en vriende en stoele saaam.

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksie komitee, Orde Boerevolk.
E-pos: piet.rudolph@gmail.com

 
Die VVK verkiesing is verby - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 01 Oktober 2011 20:19

White Afrikaners (non-Boers)

Die VVK- verkiesing is verby. Ons is seker dat die persentasie stemme nie 1.5% van die totale blanke bevolking sal wees nie. Die uitvloeisel daaruit gaan wees dat die VVK sal moet sê wie hulle verteenwoordig-en dis 'n minimum self van die so... genaamde Afrikanervolk. Die volgende argument waarop hulle sal moet antwoord is dat die blankes tevrede is met die ANC-regering!! Presies wat die Britte gedoen het na die anneksasie van Transvaal.

Na Shepstone se anneksasie het Die Boere in opstand gekom en hulle hele land teruggevat. Dit is die verskil van en met die VVK. Hulle wil van ons plakkers maak al is dit op 'n klein stukkie aarde en dit deur onderhandeling!!!!! Piet Rudolph

 
Die verskil tussen ‘n Boer en ‘n Afrikaner - JP Meyer PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 30 September 2011 20:23

Bloedrivier-Gelofte

Pos deur JP Meyer: DIE VERSKIL TUSSEN ‘N BOER EN ‘N AFRIKANER.
Die waterskeiding tussen hulle was die Groot Trek. Afrikaners het nie die Groot Trek meegemaak nie – dit trouens smalend veroordeel as “rebellie teen die owerheidsgesag van ons Britse Koningshuis.“ Trekkers is deur Afrikaners onder kerklike tug geplaas met weiering om die sakramente aan hulle te bedien. Afrikaners het nie die Bloedrivier-Gelofte afgelê nie; hulle en hulle nageslag is daarom nie daaraan gebonde nie. Hulle is derhalwe nie deel van die Verbond tussen die Boerevolk en God Drie-Enig nie; die Verbond wat herbevestig is by Paardekraal en uitgeloop het op die heerlike oorwinning op Majuba. DIT IS DIE VERSKIL TUSSEN ‘N BOER EN ‘N AFRIKANER. Hierdie kosbaar-verwerfde onafhanklikheid het nooit vir hulle iets beteken nie; daarom kon hulle geestelike afstammellinge so maklik ons selfbeskikkingsreg in 1994 vertrap.

 
Gister... en Vandag - die stryd van die Boerevolk - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 28 September 2011 19:23

Boerevolk

Pos deur Piet “Skiet”: Gister... en Vandag - die stryd van die Boerevolk.
Hoe vergelyk vandag se ellendes met die van die verlede? Op 23/2/1854 word die Vrystaat onafhanklik. MCE van Schoor skryf in sy boek - Marthinus Theunis Steyn (bls12) die volgende: “Daar stonden nu eenvoudigen lieden in een uitgestrekt open land, omringt van alle kanten door vijanden, zonder regters, zonder soldaten,zonder geld, verdeeld door onkunde, uitgezogen door gelukzoekers, bespot door een Kolonie, aan zij tot voormuur strekken.” Klink bekend!

 
<< Begin < Vorige 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Specials

Banier
Banier

Vriende

Banier

Wie is aanlyn

Ons het 9 gaste aanlyn