Boerevolkstaat
9 Oktober 2011 - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 27 September 2011 23:23

Paul Kruger en Marthinus Theunis Steyn

Boodskap van die Boere-Republikeine: KRANSLEGGING & HULDIGING Sondag 9 Oktober 2011 - Balmoral-konsentrasiekampkerkhof 11.00 Krugerdag. Ons huldig die 2 Boere-presidente Kruger en Steyn. Kom help. Bring u kinders en stoele saam. Ons maak die Boerevolk bymekaar!!!!

 
Boere-republieke: dit is al waarop ons aanspraak het - JP Meyer PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 27 September 2011 14:23

Boere-republieke

Pos deur JP Meyer: So het ons Boere-republieke gelyk. Dit is wat Britanje van ons gesteel het onder dwang. Dit is al waarop ons aanspraak het. Dit is die grenslyne wat YAHWEH vir ons getrek het.

 
Ons vlae - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Sondag, 25 September 2011 10:29

Ons vlae, die Vierkleur en die Vrystaatse vlag

Ons vlae, die Vierkleur en die Vrystaatse vlag, sal weer wapper oor ons grond, Transvaal en die Oranje Vrystaat. Ons kinders sal weer ons Vryheidsliedjies uit volle bors sing. Daar is geen mag op aarde wat dit kan keer nie. Moet net nie tevrede wees met ‘n halwe eier nie! Piet Rudolph

 
Die metodiek van misleiding - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 22 September 2011 11:57

Aangeheg ‘n pragtige foto van Boere met die vryheidsvlag, die Vierkleur wat op 6 JANUARIE 2007 te Potchefstroom geneem is tydens ‘n Boere-byeenkoms.

Die foto is op die voorblad van Die Afrikaner van 16-22 September 2011 geplaas om die bedrywighede van die “Volksraadsverkiesing” van die VVK te bevorder. Die Afrikaner is die mondstuk van die Herstigte Nasionale Party.

Die VVK wat in Januarie 2007 nog nie bestaan het nie se kandidatelys wemel van Herstigtes wat sedert 1994 nie aan enige verkiesings deelgeneem het nie. Met hierdie deurtrapte possiesoekers kan die leier van die VVK, die naïewe Paul Kruger, verseker wees van ondermyning en uiteindelike ondergrawing uit hierdie oord. Paul Kruger sal nie opgewasse wees teen die leier van die HNP, Andries Breytenbach, met sy verterende ambisies nie!

Wat die gebruik van die foto nog bedenkliker maak is dat die mense betrokke by Die Afrikaner - en dit sluit die leier in, nie een as Boer beskryf kan word nie, maar deur die bank sogenaamde Afrikaners is. Aan hulle sal dit nie saak maak of die Vierkleur weer sal wapper nie. Ter bevestiging daarvan kan maar ook net gekyk word na die antwoorde van die VVK-kandidate tov die Vierkleur!

Nêrens in die berig word die woord Boer of Boerevolk een keer genoem nie. Die word Afrikaner of Afrikanervolk verskyn sewe keer. Hierdie mense wat hulleself Afrikaners noem verpes die naam Boer en sal selfs die geskiedenis verdraai om by die woord Boer verby te kom.

Ons het geen probleem met diegene wat hulleself Afrikaners wil noem nie. Hulle mag goeie redes daarvoor hê. Ons het egter ‘n broertjie dood aan diegene wat soos Jakop van ouds, die blindes wil bedrieg en die Boeregeskiedenis soos wol om hulle arms te draai. Ons Boerevolk sal nie uit ons geskiedenis bedrieg word nie!

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Orde Boerevolk.
E-pos: piet.rudolph@gmail.com

 
Die Malema-dilemma - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 21 September 2011 09:28

Die Malema-dilemma - ‘n voortgesette sage

Julius MalemaDie politieke pimpernel van Polokwane is besig om soos ‘n warrelwind deur die politiek – beide wit en swart – te trek. Die stofdamp wat agterbly is egter verstikkend, neerdrukkend.

Een ding is egter seker en dit is dat meneer Jacob Zuma, glad nie gerus kan slaap nie, want verterende ambisies vir die possie van staatspresident glimmer in die donker op ‘n paar plekke. Ook by die vuurkonka van Julius Malema.

Veral die Afrikaanse pers probeer die man as liggewig afmaak. Dit is sover van die waarheid as wat kan kom. Die laaste van die Malema-manewales, is nog nie gehoor nie.

Alhoewel die uitspraak in die Gelykheidshof oënskynlik teen hom gegaan het sal hy op die lange duur as oorwinnaar uit die stryd tree. Swart rassiste sal voortgaan om Malema se lied uitdagend te sing sonder dat die agbare regter se uitspraak dit kan verhoed. Of is daar iemand so naïef wat dink dat ‘n swart polisieman, ’n swart opruier sal arresteer wat sing, Skiet die Boer? Vanaand by vreugdesvure in swart woongebiede, word die “vryheidslied” met oorgawe gesing!

Die onrusbarendste is egter dat Malema se rassisme, die dryfveer in die swart geledere sal word. Die lont by die kruitvat!

Daar is reeds ‘n kreet in die ANC dat die witregters nie in diens van die regering staan nie en hulle dus vervang moet word. In daardie geledere word dit gerieflikheidshalwe vergeet dat dit juis ‘n wit regter was wat Zuma vrygespreek het op ‘n klagte van verkragting!

Nog ‘n fasset van die rassehaat-kookpot is dat die arme wit meelopers wat in die ANC sit, die hitte aan hulle lyf sal begin voel. Mense soos die witlakei, Derek Hanekom. Hy het in die haatspraak-saak, vir Malema getuig. Nou is hy die voorsitter van die sogenaamde tugkomitee teen Malema en raai-raai, Malema het reeds gevra dat hy moet padgee!

Iemand se dae is getel en dit is beslis nie Julius s’n nie!

Swart rassiste

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee Orde Boerevolk.
E-pos: piet.rudolph@gmail.com

 
<< Begin < Vorige 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Specials

Banier
Banier

Vriende

Banier

Wie is aanlyn

Ons het 17 gaste aanlyn