Boerevolkstaat
Die foefie van die VVK - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 20 September 2011 13:33

Stop Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK)Deur die jare was dit die standpunt van die Orde Boerevolk dat in die volksstryd dit beter is om iets te doen as om niks te doen nie, al blyk dit later wat jy doen verkeerd was en nie die gewenste uitwerking gehad het nie. In daardie lig sal ons die verkiesingspoging van die VVK beskou. Enigiets wat gedoen word om witmense bymekaar te kry en aan die dink te kry, is loofwaardig. Met daardie maatstaf, beskou ons die poging van die VVK as ‘n prysenswaardige poging en beter as niks.

As ons dit gesê het behou ons steeds ons die reg op kritiek voor sonder aansiens des persoon en vreesloos. Ons sal nie deelneem waar dit duidelik is dat wat beoog word deur indiwidue, organisasies en instansies, die doelwit naamlik Vryheid en die herstel van ons Boere se grondgebied, die Transvaal en die Vrystaat in die wiele gaan ry nie. Daarom beskou ons nie die poging van die VVK as ‘n vryheidspoging nie. Dit is niks meer en niks minder as ‘n foefie nie. En dit gaan ons nêrens bring nie. Eerder ons stryd vertraag.

Die VVK se poging is weereens ‘n Afrikaner-kompromis wat gedryf word deur politieke aspirante, van wie sommiges gevaarlik min weet van die begrip van Vryheid. In dié opsig is hierdie totale poging niks meer as die doen en late van ‘n politieke party wat iewers ‘n staanplekkie soek. Die blote feit dat soveel HNPen oud-HNPlede die kandidaatspossies by die VVK volsit is ‘n goeie aanduiding wie die mense is met die hoogste aspirasies. Uit hierdie oord kan mnr. Paul Kruger hom reg maak vir ondergrawing.

Met sewentien kandidate en 100 000 stembriefies kan hierdie instansie nie verwag om aanspraak te maak op volksverteenwoordiging nie en sal hulle nêrens ernstig opgeneem word nie - nie deur die ANC-regering of in die buiteland nie!

Dit is dus verspilde energie wat beter gebruik kon gewees het om die Boerevolk bymekaar te maak en ons stryd onder die aandag van die wêreld te bring. Wat ons ookal doen, sal gedoen moet word met die wete dat ons ‘n klein minderheid is in ‘n vyandige wêreld en dat stryd ons voorland is.

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee, Orde Boerevolk.
E-pos: piet.rudolph@gmail.com

 
Piet “Skiet” Rudolph verban uit Facebook PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 14 September 2011 21:25

J.P. MeyerFrom J.p. Meyer
Facebookteam, Hoekom is Piet Rudolph afgehaal van Facebook af? Maak die waarheid dalk seer??

From J.p. Meyer - September 15, 2011
Aan die drekke (dreggs) wat die oorsaak is dat Piet Rudolph van facebook verwyder is, net die volgende:- Jy kan nie 'n ideologie dood swyg nie. Die Boervolk se stem sal gehoor word! Al is dit nie oor facebook nie.

Hoog die Vierkleur, Boere!!


From “Volkstaat.org” - Semptember 15, 2011
Hi JP, Facebook has reactivated the profile of Piet “Skiet”.

 
My voorvaders het geveg vir die Naam BOER PDF Afdruk E-pos
Maandag, 12 September 2011 00:44

Boerekryger Coza (September 11, 2011):Boerekryger Coza

Jy is of ‘n Boer, of jy is iets anders. My voorvaders het geveg vir die Naam BOER. Die naam Boer is wereld wyd erken, en dit is die Naam van ‘n Trotse, Suiwer volk. AS jy die naam Boer aan jouself wil koppel, lewe en handel volgens ons natuur. Hou op om mense te mislei. Ons erfinis, kultuur en identiteid is suiwer. Stop die verbastering, en as jy nie een van ons is, wat die stryd vir suiwer redes stry nie, HOU DIE NAAM BOER UIT JOU MOND UIT

 
Boerevlag vs. die merk van haar naam PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 10 September 2011 14:53

Photo from Censorbugbear Reports:

From Censorbugbear Reports

Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat getuig dat JaHWèshua die Gesalfde nie in die vlees gekom het nie. Hy is 'n verleier en 'n vals gesalfde.

KINDERS, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die vals gesalfde kom, bestaan daar ook nou baie vals gesalfdes, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.

 
Nie voor die wêreld nie maar voor die Allerhoogste allee PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 09 September 2011 11:16

Vryheid vir die Boervolk!Glo dit of nie. Hier kom ‘n rewolusie. Vir die herstel van die Boere-republieke en die Vryheid van die Boerevolk. Dit het tyd geword om op te hou om daaroor slapgattig te wees. Ons eis ons vryheid- ons pleit en paai nie daarvoor nie. Nie voor die wêreld nie maar voor die Allerhoogste alleen. Piet Rudolph (9/9/2011)

 
<< Begin < Vorige 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Specials

Banier
Banier

Vriende

Banier

Wie is aanlyn

Ons het 17 gaste aanlyn