Boerevolkstaat
Lappop, deur Dries Kriel PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 22 Augustus 2014 08:40

 

LAPPOP
deur DRIES KRIEL

Sy is van Boere afkoms
Net vier kort jaartjies oud
Haar oë is soos die hemel
En vlegseltjies van goud

Op hul plaas daar in die Vrystaat
Waar hul klipsteen woning staan
Neem sy haar tuisgemaakte lappop
Oral waar sy gaan

Die diere het sy almal
By die naam geken
So weet sy altyd eerste
Waar broei die weglê hen

Maar toe kom daar ‘n oorlog
En haar pappie gaan vêr weg
Dit was so sê haar mammie
Om vir die Republiek te veg

Die oorlog duur toe langer
As wat almal eers wou wis
En die traantjies vloei gedurig
Soos sy haar pappa mis

Die uitlanders kom later
En laai hul op ‘n wa
So sit sy met haar lappop
Verwese langs haar ma.

Sy sien hoedat die Kakies
Haar diereryk vermoor
En toe hul huis in vlamme opgaan
Wis sy hul het als verloor

Haar rokkies was altyd
Vir haar alte fraai
Nou dra sy ‘n meelsak rokkie
Dit vertoon vir haar so saai

Haar lyfie raak al dunner
En haar armpies word krom
Want in die moordkamp heers daar honger
En haar mamma sit daar stom

Die mondjie wat eers kon skater
Het nou ‘n bitter trek
En hartverskeurend is die fronsie
Wat oor haar gesiggie strek

Sy sit daar in die kamptent
Haar lappop knel sy vas
Want haar mammie is reeds gister
Verlos van aardse las

So kry hul haar ook later
Daar by haar lappop lê
En laat haal ‘n ou seepkissie
Om haar en haar ou lappop
In die aarde weg te lê

Sy was van Boere afkoms
Net vier kort jaartjies oud
Haar oë was soos die hemel
En vlegseltjies van goud ************
***

Dries Kriel en Servaas de Wet

 
Siener van Rensburg - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 14 Augustus 2014 07:43

 

KOMMENTAAR OP 'N BEWERING DAT SIENER VAN RENSBURG BOER EN AFRIKANER TEGELYK WAS........

Siener van RensburgSiener en andere was in 'n effens ander situasie. Met die koms van die Unie van Suid-Afrika was die politieke cliche van die dag, Afrikanereenheid om die mag in die hande van die Afrikaanssprekendes te hou, teenoor die Engeslsprekendes. Die Boere was 'n oorwonne volk en het gehoop om met selfregering darem iets te beteken. Jy sê dit raak, hulle het hulle as "Boer en Afrikaner" gersien. Om daardie rede.
Net so het die Boere hulle die Afrikanerrepubliek van dr Verwoerd laat welgeval want ons was onder die Engelse Empire uit. Daardie republiek was egter nooit die herstel van die Boere-republieke nie, eerder 'n inkorporering!

Wat ons situasie anders maak is dat De Klerk en kie daardie einste NP-republiek op 'n skinkbord weggegee het. Ook daardie gebiede wat as Boere-republieke bekend gestaan het. Vrywillig en sonder dwang. Dir het 'n einde gebring aan die Afrikanervolk. En as die Afriikaner as volk wil aspireer vir grondgebied, moet dit wees vir die herstel van daardie veelrassige republiek.

Die aspirasies va die Boerevolk is anders.Geen volk kan bestaan sonder grond gebied nie. Dit was die Boere-republieke wat in 1902 ten gronde gerig is deur 'n uitwissingsoorlog. Die Afrikaners het op daardie tydstip geen grond gehad nie. Hulle heimat was in die Kaap. Baie van hulle het nog aan die kant van Engeland teen die Republikeine kom veg! Hulle het eers 'n volk geword met daardie Republiek van 1961- 1994

Ons Boere wil die Boere-republieke terug hê. Wat wil die Afrikaners hê- 'n lappie aarde, iewers waar hulle 'n Volkstaatjie kan hê en selfbeskikking met die toedtemmong van 'n vyandige owerheid. Dit is nie vryheid nie. Dit is selfmoord!

 
2014: huldeblyk aan die Boere wat gesterf het met die Slag van Ventersdorp (1991) PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 09 Augustus 2014 00:00

 

Huldeblyk aan die Boere wat gesterf het met die Slag van Ventersdorp (1991)

Op 9 Augustus 1991 te Ventersdorp, wes Transvaal, kom die Boere onderleiding van die AWB (Afrikaner Weerstandsbeweging) te staan teen S.A. imperiale Polisie magte an 'n aantal swart kommunistiese terroriste.
Gedurende die aan Slag van Ventersdorp is drie Boere noodlottig gewond. Al drie was AWB lede: A.F. Badenhorst, G.J Koen, en J.D. Conradie.
Die opoffering sal nooit vergete wees nie.

 
Nou maak ons met mening die Boervolk bymekaar! Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 07 Augustus 2014 14:00

 

Boere-Republikeine

NOU MAAK ONS MET MENING DIE BOERVOLK BYMEKAAR!

1. Langs hierdie weg gaan ons nou daadwerklike pogings aanwend om Die Boerevolk bymekaar ter kry - diegene wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort.
2. Die rede is dat geen volk op aarde kan bestaan sonder sy eie grondgebied nie. U het nie nou meer eers grond wat u, u ei kan noem nie. U is ’n etniese minderheid in ’n veelrassige Suid-Afrika sonder ’n toekoms vir u kinders!
3. Dit is reeds 1914. ’n Honderd jaar gelede het ons voorsate geweldadig in opstand gekom onder die hiel van die vreemde. Ons is reeds twintig jaar onder ’n vreemde regering sonder dat daar noemenswaardige pogings is van Boerekant om ons grond- die Boere-republieke- herstel te kry. Daar is weliswaar pogings van ander kleiner groepe en mense wat nie Boere is nie, om grondgebied te beding wat niks met die herstel van die Boere-republieke te doen het nie. Dit is flagrante misleiding uit daardie geledere om van Boere en Boeregrond te praat. Dit het niks met die Boerevolk te make nie.
4. Daar is ’n eenvoudige definisie van wie kwalifiseer om lid van die Boerevolk te wees. Dit is:
4a. Daar moet vereenselwiging wees met die afkoms, strewe en toekomsverwagting van die Boerevolk;
4b. Die Boerevolk se grond is van hom afgeneem in ’n uitwissingsoorlog en nooit herstel nie;
4c. Vir die behoud van Vryheid het 35 000 Boerekinders en -vrouens in konsentrasiekampe gesterf. Ons is dit aan hulle verskuldig om as Boere-Republikeine wat pleit vir die herstel van ons grond, die onsterflike ideal brandend te hou.
5. Met die oog hierop sal ons allereers die Boerevolk bymekaar moet kry onder die vaandel van Boere-Republikeine voordat ons enigiets anders kan aanpak. Dit sal die stormram moet wees waarmee ons die pad vorentoe sal oopstoot om by ons ideaal uit te kom. Daar is nie ’n ander pad oop nie!
6. Ter bereiking van hierdie grootse ideeaal benodig ons die samewerking van besielde Boere. Die bereiking van ons ideal is binne ons bereik mits ons dit georganiseerd aanpak;
7. Om dit te bereik benodig ons u naam en lokaliteit tesame met u onderneming om te werk vir die herstel van die Boere-republieke. Daarmee sluit u nie by ’n organisasie aan nie. U verklaar u aansluiting en inskuiting by u volk. Daardie aansluiting is gratis en verniet. Laat ons u besonderhede bekom sodat ons kan begin organiseer!

Piet Rudolph: Organiseerder.
e/pos piet.rudolph@gmail.com
FB- Boere-Republikeine
Tel. 072 419 3516.

 
Die Rebellie van 1914 en die uitbreek van di Eerste Wêreldoorlog PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 05 Augustus 2014 09:00

 

DIE REBELLIE VAN 1914 EN DIE UITBREEK VAN DIE EERSTE WêRELDOORLOG:

Ons roep in herinnering die uitbreek van die eerste Wêreldoorlog op die 4de Augustus 1914. Engeland, uiteraard was op die voorpunt.
Skaars 12 jaar tevore is twee klein Boererepubliekies tot oorgawe gedwing deur die Boere se vrouens en kinders in konsentrasiekampe te stop en hulle te laat sterf van honger,dors en siektes: hulle plase te verniel en hulle veestapels te vernietig en weerlose kinders en oumense tesame met vegtendes in ballingskap oor die water aan te hou. Ten spyte van hierdie barbaarsheid van hulle oorlogtegnieke en die verraad van hensoppers en joiners, het dit die magtige Groot-Brittanje nog amper drie jaar gevat om die Boere onder te kry.
By die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 was die Boere in twee kampe verdeel- hulle wat terwille van die Vryheid met die oorlog wou voortgaan en hulle wat met verskeie verskonings, maar die Engelse onderwerping wou aanvaar. Onder laasgenoemdes was die groot eksponente generaals Louis Botha en Jan Smuts. Generaal C.R. de Wet, gevierde Vrystater, was aanvanklik teen vrede. Dit val egter vreemd op dat hy tog uiteindelik geteken het. Die rede hieragter is dat Louis Botha,Transvaalse krygshoof van die Boere en die waarnemende staatspresident van die ZAR- soos die Transvaal bekend was- Schalk Burger- deur generaal De la Rey en Jan Smuts agter die skerms oorgehaal is met die belofte dat as vrede nou gesluit word, die onafhanklikheid teruggeneem sal word as Engeland iewers in die toekoms in ’n konflik betrokke sou raak.
Generaal Koos de la Rey sou die belofte met hom saamdra. Hy was egter ’n groot bewonderaar en amper ’n dissipel van Botha. Louis Botha en Jan Smuts, daarenteen sou verbete Engelsgesindes word. Hulle was sekerlik ook die groot dryfvere agter die Unie van Suid-Afrika en die groot formuleerders van die politieke cliché van Afrikaner-eenheid vir politieke gewin.
Met die uitbreek van die oorlog in 1914 het genl. De la Rey so vroeg soos die 8ste Augustus, 1914 sy kommando’s laat oproep na ’n vergadering by Treurfontein( vandag Coligny) waarin hy opdrag gee dat die manne daarheen moet kom met hulle “twaksakke en vuurhoutjies”. Dus gewapen. Sy plan was dat hulle vanaf Treurfontein op die 15de Augstus oor Ventersdorp moet opruk na Potchefstroom, waar genl. Kemp in bevel van die militêre kamp was. Daarvandaan na Krugersdorp waar die Vierkleur gehys sou word. Genl. Louis Botha sou na Krugersdorp gebring word en op die skouers, letterlik ingedra word as die president van die herstelde Boere-republiek.
De la Rey was in vir ’n intnugtering Die man om wie hy sy drome gebou het, saam met Smuts het albei voete van klei gehad. Kemp wat later as rebel gevonnis is en toevallig met die uitleg van skietbaan op Lydenburg was, het as Staande Mag-offisier, De la Rey se planne aan die regering bekend gemaak.
Botha en Smuts as minister van verdediging was alreeds besig met Britse bevele om Duits-Wes (SWA) binne te val onder die dekmantel dat dit met vrywilligers gedoen word. De la Rey is uit sy plan gepraat maar hy het nog voortgegaan met ’n afgewaterde vergadering by Treurfontein op 15 Augustus. Hy was reeds ’n ontnugterde man wat liewer sy dood begeer het as hierdie toestand. Sy gemoedstemming is sekerlik ook aangewakker deur Siener van Rensburg wat hom op Lichtenburg gaan sien het met die reeds bekende gesig van lamfer, ’n groot 15 oor Lichtenburg en die generaal sonder sy hoed!
Op die 15de September 1914 was genl. De la Rey saam met genl. Beyers vanaf Pretoria op pad na Potchefstroom. As senator was hy terug van die parlement in Kaapstad waar hy teen die voorstel om Duitswes in te val, gaan stem het. Genl. Beyers het kort tevore om dieselfde redes bedank as kommandant-generaal.
Genl. De la Rey is by ’n padblokkade doodgeskiet. Drie maande later is genl. Beyers ook dood toe hy gejag is deur regeringstroepe en in die Vaalrivier ingedryf en daar, so word beweer- verdrink het. Wie hierdie stories van ongelukke wil glo, moet polities redelik naïef wees. Hierdeur was die rebellie van Vryheidsgesinde Boere wat hulle republieke wou herstel, in volle gang en goed op dreef. In Desember 1914 is Jopie Fourie op ’n Sondagmôre by die Sentrale gevangenis doodgeskiet. Talle van die rebelle onder wie genl. De Wet en Kemp is gevange geneem en in tronke gestop.
In Augustus 1915 het Boerevrouens en dogter van die kerkplein in Pretoria na die Uniegebou geloop om teen dié aanhouding te protesteer.
Op die 20 September hierdie jaar gaan ons as Boere na Coligny en Lichtenburg om hierdie gebeure in herinnering te roep en hulde te bring en aan daardie voorsate, bekend as rebelle, ons eer te bewys.
Ons as hulle trotse nageslag wat ook ons Vryheid naarstigtelik begeer en ons Boere-republieke herstel wil sien, roep u daartoe op om saam met ons hierin te kom deel!

20 September 2014 Coligny en Lichetnburg. Boere Rebellie 1914-2014


Piet Rudolph: Aksiekomitee: Herdenking Rebellie 1914
e/pos piet.rudolph@gmail.com

 
<< Begin < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Specials

Banier
Banier

Vriende

Banier

Wie is aanlyn

Ons het 13 gaste aanlyn