Boerevolkstaat
Armoede, verval en wanvoeding - 'n noodkreet! - Kinders in Nood - Nov 2016 PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 17 November 2016 22:00

 

ARMOEDE, VERVAL EN WANVOEDING - 'N NOODKREET!

1. Het hierdie week op die ergste geval van ondervoeding afgekom wat ek in my lewe gesien het - 'n jong seun van 17 jaar wat rondloop in die liggaam van 'n twaalfjarige kind. na bewering is hy as baba mishandel en is sy borsbeen gebreek. Sy bene is oortrek met vratagtige vergroeisels. hy woon nou by sy pa wat werkloos is en 'n armoedige bestaan voer in die eertydse Melaatse Inrigting Wesfort. . Die plek staan gesloop te word en die stadsraad het reeds die water en krag afgesit! Kos word op ‘n vuurkonka gemaak met hout wat uit die veld aangedra word. Water word op ‘n kruiwa aangestoot!

2. Vir my is dit duidelik dat hulle dae laas behoorlik geëet het!

3. Kinders in Nood se beskermvrou en -heer in Elandspoort, Ellen en Piet, het die geval onder my aandag gebring. Ons het die kind na dr De Jong geneem wat hom gratis ondersoek het. Volgens die dokter is die kind geweldig ondervoed en ongeveer die helfte van sy normale liggaamsgewig. Hy het die kind na die hospitaal verwys en ‘n sterk tonikum voorgekryf wat deur ‘n apteker gratis verskaf is.

4. Ons het gereël vir melk en brood vir een maand. Dave Christie het ‘n bydrae gemaak vir vleis vir ‘n maand. Ons is daarvoor baie dankbaar. Wat nog nodig is dat ons eiers, groente, meel en kruideniersware nodig het om die haglike omstandighede te verlig. Daarvoor het ons bydraes nodig en daarom kom pleit ek by u vir hulp!

5. H ierdie ellendig, behoeftige gesin kan uit dié vervalspiraal alleen nie uitkom nie! Hulle móét te hulp gesnel word. Laat ons dan dit doen.

6. D IE TOTALE TOESTAND IS TEWYTE AAN DIE REGERINGSBELEID WAT WITMENSE VERHOED OM WERK TE KRY. Ons volk word verdoem om aan die lewe te bly met blikkiesoptel en rommelversameling.Selfs die krap in afvalbakke vir kos! Die arme kind is die produk van die Nuwe S.A. en die sogenaand demokrasie- VRYHEID, GELYKHEID en BROEDERSKAP!

7. Help ons met u bydrae en verskaf ons u e/posadres vir maandelikse verslagdoening. Die bankbesonderhede is Capitec per Annelie Koekemoer- KINDERS IN NOOD, rekening nr. 147 892 0961 takkode 470010 Swiftkode NEDSZAJJ.

8. DANKIE VIR U BYDRAE. Laat ons nageslag van u sêdat As jou vryheidsdag een oor jou velde lag, weet wie te danke is. Eer hulle nagedagtenis!

Piet Rudolph; ORGANISEERDER EN KO-ORDINEERDER; DRUKGROEP, KINDERS IN NOOD, 072 419 3516/ WAT’S OP 063 830 5959 e/pos piet.rudolph@gmail.com

 
Parma (Italië), 12 Nov. 2016 - VFS Lesing: Suid Afrika gister, Europa vandag PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 01 November 2016 19:48

 

Suid-Afrika gister, Europa vandag.
‘n Land, sy mense, hulle lot.
‘n Lesing oor die geskiedenis van Suid-Afrika, die Boerevolk en die AWB van Eugene Terre’Blanche word aangebied deur:
Massimiliano Maccini

Lesing begin 5nm
12 November 2016

Parma Provinsie, Italië

www.volkstaat.it
www.venetofronteskinheads.org

 
Boervolk Radio, 3 Julie 2016 PDF Afdruk E-pos
Sondag, 03 Julie 2016 09:00

 

Boervolk Radio

3 Julie 2016 (om 5nm Suid-Afrikaanse tyd)
Schalk van der Merwe, regsgeleerde, geskiedkundige, politikus en Nasionale Konserwatiewe Party beleidsadviseur gaan Sondagmiddag 3 Julie 2016 om 5 nm op 'n Amerikaanse radiostasie, die twee “So-called Boer Patriots” Theunis Cloete en Jan Diederiks van Boervolk Radio uitmekaarskeur oor hulle gefabriseerde Boervolk geskiedenis en Israelvisie verbintenisse.

Sinead McCarthy se Firestartermedia program word LEWENDIG op Boervolk Radio uitgesaai op 3 Julie 2016 om 5nm (Suid-Afrikaanse tyd)

LUISTER deur te KLIK op die SKAKEL hieronder
http://www.boervolkradio.co.za/luister.php

 
Memorandum 2016 - Vryheid vir die Boerevolk! PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 18 Junie 2016 07:07

 

Boererepublieke

PERSVERKLARING Saterdag 18 Junie 2016: ERKENNING VAN EN VRYHEID VIR DIE BOEREVOLK!

1. Die Federasie van Vrye Boere-Republikeine gaan op Dinsdag 21 Junie 2016, die onderstaande memorandum aan die Ministerie van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling oorhandig. Die memorandum spreek vir sigself.

2. Dit is die eerste daarop gemik om die regering op terme te plaas aangaande erkenning en Vryheid vir die Boerevolk.

Uitgereik deur Piet Rudolph namensd die Federasie van Boere-Republikeine: 072 419 3516.

THE MINISTRY
Department of justice and constitutional development
354, Pretorius Street,
PRETORIA
E/MAIL mediaenquiries@justice.gov.za

Your Excellency,

RECOGNITION OF THE BOERS AS AN INDIGENOUS PEOPLE

1. In terms of Chapter 2 of the Bill of Rights Section 71, read with Chapter 14, Section 235,of our Constitution, I am hereby duly instructed by a resolution of a meeting held by the Federation of Boer Republicans held on 8 & 9 May 2016, to approach you in the above matter.
2. Despite the provisions in our Constitution, no recognition of the Boer people is acknowledged as an indigenous people of South Africa. Despite the fact that we have had two independent Boer Republics which were conquered by the British Empire in 1902, in which more than 35 000 Boer women an children perished in British Concentration Camps.
3. Subsequently we were made part of the Union of South Africa, the Republic of South Africa in 1961 and the New Republic of South Africa in 1994.
4. Since 1910 up to 1994 we as a nation was wrongly considered to be part and parcel of Afrikaners.
5. It is our sincere wish to have our republics as it was before May 31st 1902 , and subject to reasonable deliberations in the light of the expiry of 114 years to be reinstated, as we wish to rule ourselves in accordance with ou own customs.
6. Therefore it is our intention, to bring pressure to bear, both nationally and internationally for the recognition of us as a people and being entitled to freedom.
7. Futhermore, that Identification and travel documents issued by your government to us to please reflect the fact that we are South African Boers.
8. It is our earnest desire to be afforded the same ear as that afforded to the Khoi-San people in their quest for freedom, so clearly defined in
Chapter 2 Bill of rights section 7 (1) which reads: 7. (1) This Bill of Rights is a cornerstone of democracy in South Africa. It enshrines the rights of all people in our country and affirms the democratic values of human dignity, equality and freedom. (2) The state must respect, protect, promote and fulfil the rights in the Bill of Rights.

Vryheidsmonument

 
31 Mei 1902 - Piet Rudolph (2015) PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 26 Mei 2015 12:00

 

DIE VERNEDERING VAN VEREENIGING- 31 MEI 1902

BoereVanaf 15 Mei 1902 het 60 afgevaardiges van die twee Boere-republieke van Transvaal en die Oranje Vrystaat by Vereeniging bymekaar gekom om te beraadslag oor die oorlogstoestand in die Engelse Oorlog, wat vanaf 10 Oktober 1899 in Suid-Afrika gewoed het. Die samesprekings sou voortduur tot 31 Mei 1902 toe die Vrede uiteindelik gesluit is met die verlies van die onafhanklikheid van die twee klein Boere-republiekies.
Tydens die samesprekings is woorde en gedagtes uitgespreek wat soos voorbodes kon klink. ‘n Afgevaardige van Heidelberg, P.R. Viljoen, het die voorstelle van die Britse Regering aangaande vrede, beskryf as dat die Boerevolk so vas sou bind dat hulle nooit weer vry sou wees nie. Inderdaad! ( C,R. de Wet-Three years war-bls 400.)

Wanneer ‘n mens die notules van die vegadering deurlees, spring die tagedie wat hom 113 jaar gelede afgespeel het, jou in die oog en word dit ‘n beklemming om die hart. Dat so ‘n klein dapper volkie so ‘n ontsettende prys vir sy vryheid betaal het; dit nogtans verloor het na twee weke se beraadslagings toe dit vir almal duidelik was dat die bittereinde aangebreek het.

Toe daardie uitwissingsoorlog verby was, was die helfte van die twee Boere-republieke se kinderbevolking reeds dood. Die sterftes sou uiteindelik styg tot 35 000 kinders en vrouens in Engelse konsentrasiekampe waar die vrouens en kinders van die bittereinders honger, dors en die dood vir twee lange jare in die gesig gestaar het.

By Balmoral-konsentrasiekamp was die sterftes so hewig dat dié kamp as een van koningin Victoria se helkampe beskou is. Kinders het so vinnig doodgegaan en is opmekaar begrawe omdat daar nie voorgebly kon word met die grafgrawery nie. Fetusse is vir ‘n Engelse varkboer in die omgewing, gegee om sy varke te voer.

Die verwagting by Boere-voormanne dat in die Kaap ‘n opstand sou kom en dat die buitewêreld sou ingryp, het niks van gekom nie. Hulle het ontsaglike probleme gehad met kos vir hulleself en voer vir hulle perde. Boonop was die Engelse Oppermag besig met ondraaglike korrupsie om hensoppers en joiners te betaal en met valse voorstelle van amnestie hulle oor te haal om nie verder te veg nie of om na die Engelse kant oor te loop.
Uit die Engelse vertaling van die notules in genl. De Wet se boek- Three years war- haal ek vir u ‘n verbatim aanhaling van wat genl. Louis Botha in sy voordrag sê:
“I firmly believe that, under like cicumstances, no other nation in the world would have fought as our nation has done. Shall such a nation perish? No! We must save it. If we delegates are convinced that we can no longer offer resistance to the enemy, it is out duty to tell the people so. We must not let them be exterminated for want of timely advice. More than twenty thousand women and children have died in the camps during this one year.” En dan hierdie skrikwekkende aanklag:

“THERE ARE MEN OF OUR OWN KITH AND KIN WHO ARE HELPING TO BRING US TO RUIN. IF WE CONTINUE THE WAR, IT MAY BE THAT THE AFRIKANDERS AGAINST US WILL OUTNUMBER OUR  OWN MEN.”


Nieteenstaande hardnekkige teenstand om die vryheid af te gee, het die bitter oomblikke aangebreek  van ‘n oorlog waarvan die Boerevolk nog nooit behoorlik herstel het nie!

Die winter van 1902 was die bitterste in die geskiedenis van ons volk toe verslae en verslane burgers moes terugkeer na hulle afgebrande plase as knegte van die Britse Empaaier; sonder dierbares wat aan die dood afgestaan is; veestapels vernietig; landerye vernietig, platsak en sonder enige ander heenkome. Dit in ‘n vaderland wat nou met wapengeweld eiendom geword het van vreemdelinge!

So het ‘n menigte van hulle die rug op hulle grond gedraai en ‘n armoedige heenkome van armlastige en bedelbestaan in die stede gaan voer. Die proses om die Boervolk te vernietig was in volle swang. ‘n Mens wonder hoeveel ander volkere ter wêreld sou hierdie aanslag kon oorleef het? En tog, na 113 jaar van onderdrukking en verdrukking is die Boerevolk weer besig om kop op te tel!

Nuwe en erger verraad het sy tol geëis en het ons aangekom by ‘n  nog donkerder tydstip in ons geskiedenis. ‘n Nuwe, hewiger aanslag teen ons volk sal nie uitbly nie. Vir ons het dit ‘n pikdonkernag geword soos Siener van Resburg dit voorspel het.

Dit is ‘n paar dae voor die 31 ste Mei. ‘n Paar dae voordat 60 burgers, 113 jaar gelede met 54 stemme teen 6,  die oorlog beëindig het en die wapens neergelê het. Nie almal nie. ‘n Groot klomp het hulle wapens teen die klippe stukkend geslaan eerder as om dit aan die vyand te oorhandig. Die verbittering sou groei, ook teen sommige van hulle eie voormanne. Soveel so dat ‘n skamele 12 jaar later, het Boer en Afrikaner op mekaar geskiet het terwyl die Engelse toekyk!

Baie dankie aan Ben Strijdom en Volkskansel vir die inisiatief geneem om op Sondag 31 Mei 2015, ‘n verootmoedingsaamtrek by Verreniging te hou en om die bitter gebeure weer in herinnering te roep.

Ons sal onthou!

Piet Rudolph : 'n Boere-Republikein.
072 419 3516.

 
<< Begin < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Specials

Banier
Banier

Vriende

Banier

Wie is aanlyn

Ons het 5 gaste aanlyn