Definisie van ‘n Volk verwysend na die Boer en Afrikaner debat (Lets Pretorius) PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 09 April 2011 12:06

Definisie van ‘n Volk verwysend na die Boer en Afrikaner debat

Lets Pretorius
21 Mar 2011

Daar is baie verwarring oor die definisie van ‘n Volk. Dit is insiggewend dat daar bv. nie ‘n aanvaarbare vertaling vir Volk na Engels bestaan nie.
Die term volk (of FOLK tot ongeveer 1909) is ‘n Germaanse oorsprong wat ‘n dieper betekenis as die term People of Nasie inhou.


Ek gee die definisies volgens Wikiwoordeboek.

‘n NASIE:


Groep enkelinge wat tot dieselfde staat behoort, wat ‘n politieke eenheid vorm.


Die Definisie van VOLK by Wikiwoordeboek is die volgende
1. Groep mense, lewensgemeenskap wat deur eenheid van taal, sedes en historiese ontwikkeling kultureel saamhorig is.
2. Groep enkelinge wat tot dieselfde staat behoort, wat ‘n politieke eenheid vorm.
3. ‘n Aantal mense.
4. Gewone mense.

Selfs hierdie definisie is verwarrend.
Daar moet in gedagte hou dat die Woordeboekskrywers van die vorige eeu, uit die Nasionaleparty/Broederbond/Afrikaner-geledere gekom het.
Vir hulle was dit natuurlik baie belangrik dat die Afrikaner = as ‘n VOLK moet klassifiseer.



Ek het in die 90er jare navorsing oor Volk en Nasie gedoen en in die proses ‘n vergelyking tussen BOER en die Cape Dutch getref. Ek sal die boekie eendag hier publiseer.
In die proses het ek tot die volgende (persoonlike) opinie gekom:
Nasie is ‘n breër begrip(itm ‘n VOLK) en van toepassing op ‘n POLITIEKE groepering terwyl ‘n VOLK meer spesifieke eienskappe moet besit:

Cape Dutch
Cape Dutch

‘n Boer uit die Groot Trek
‘n Boer uit die Groot Trek


Ek het dit as volg gestel, dat VOORDAT ‘n groepering as ‘n Volk geklassifiseer kan word, die groepering deur drie stappe moet gaan:

(Hierdie stappe vind in praktyk ongesiens en dikwels langs mekaar plaas, maar word nietemin geanaliseer)

Stap 1 DIE ELEMENTE VAN ‘N VOLK
Die samestelling (boustene) of elemente wat die GROEPERING tot ‘n volk kan lei (m.a.w. die groepering aan die definisie van VOLK kan laat voldoen,) moet bestaan.
1.1 Ras (persone in die groep, moet van dieselfde ras wees)
1.2 Taal (persone in die groep, moet dieselfde TAAL praat)
1.3 Kultuur (persone in die groep, moet ‘n gesamentlike kultuurerfenis hê )
1.4 Geskiedenis (persone in die groep, moet as onderbou van hul verlede, ‘n gemeenskaplike Geskiedenis hê.)
1.5 Religie (persone in die groep, moet op ‘n gemeenskaplike religie -nie Godsdiens of kerk nie- aanspraak maak.)

Hierdie elemente gee aanleiding daartoe dat so ‘n groepering oor sekere WAARDES
en NORME en BELANGE moet beskik wat hulle as groep uniek en onderskeibaar van ander groepe maak.

Die bg. Elemente moet die groepering m.a.w. saamsnoer.
Daarna moet die saamgesnoerde groepering, oorgaan na die volgende stap (sonder dat hulle dit noodwendig eers besef)


Stap 2 Die VOLKSWIL

Die volgende belangrike stap (op pad na VOLKWEES), is die WIL om ‘n VOLK te wees.

2.1 Die Cape Dutch wou nooit ‘n Volk wees nie.
Hulle het wel rondom ‘n TAAL groepeer maar het geensins belang gestel (die WIL uitgeoefen) om meer as ‘n groepering binne ‘n breë politieke bestel te wees nie.
Baie Afrikaners vertoon vandag nog steeds dieselfde gees.

2.2 Aan die ander kant het die Grensboere en die Trekboere (soos die owerheid hulle genoem het die Imigranten-boeren),
reeds met die eerste vergadering van die “Volksrepresentanten*” aan die einde van die 18de eeu, (*sien voetnota)
asook in die manifeste van die verskillende Trekleiers, die WIL uitgespreek om ‘n Volk te wees.
Ook deur die uitroep van 14 Republieke langs die pad, hierdie WIL gedemonstreer.

Stap 3 Die BESTAANSWIL

Die volgende (en uiters belangrike) stap op die pad na “Volk wees”, is om die WIL te hê om ‘n Volk te bly wees en as VOLK voort te wil bestaan.

3.1 Tydens die Broederbond beheer van die Afrikaner, is daar gepoog om die eienskappe (in stap 1) wat aan die Boerevolk behoort, aan die Afrikaner as geheel, toe te eien.
Dit het amper gewerk, veral tydens die herdenking van die groot Trek in 1938. Die Cape Dutch gees wat egter “in die Pot” was, was ook die “gif” wat die stap 2, nl. die WIL om ‘n unieke VOLK te wees, gedwarsboom het.

3.2 Die Boerevolk het sluimerend saamgegaan maar nie besef dat hulle misbruik word nie. Die sg. Republieke van 1961 was dus nie ‘n Volksrepubliek nie maar ‘n Republiek van Nasionale eenheid wat bestaan het uit wit en swart Burgers. Tot vandag is baie Afrikaners heeltemal geneë daartoe.

3.3 Die Boerevolk aan die ander kant, is besig (op hierdie oomblik,) om stap 2 en 3 (die Wil om te wees en die wil om te bly bestaan as Volk) te besef en uit te oefen.


[B]Slotopmerking:

1. Die BOEREVOLK voldoen aan elke aspek om as Volk geklassifiseer te word.

2. Die Afrikaner is steeds op soek na ‘n politieke oplossing en entiteit. Die Afrikaner voldoen NIE aan stappe 2 en 3 nie en kan volgens my, uiters aanspraak maak as deel van ‘n groep of deel van ‘n groep binne ‘n Nasie.


VRAAG:

Wie is dan vandag ‘n BOER?

Hy wat voldoen aan die elemente in Stap 1 genoem
en daarna ‘n bewuste BESLUIT neem om deel van die BOEREVOLK te wees
en bereid is om te VOLHARD om BOER te bly.



[...]

= = = = = = =
* Voetnota: Die ontstaan van die Kongres van Volksrepresentanten, tot stand gebring deur die Patriotte in November 1784, moet gesien word in die lig van die stryd in Nederland tussen die Patriotte en die Oranjemanne. Hierdie sg. stryd het in daardie tyd in die Kaap gewoed. Die Oranjemanne was pro-Brits gesind.
Die Volksrepresentanten was die voorpunt en “haarwortels” van die Vrydstrewe van die latere Boerevolk.