Aanvalle op die AWB – waarom nou? - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Sondag, 17 April 2011 12:44

Aanvalle op die AWB – waarom nou?

Die rede vir die skrywe:
Eugene Koen se plasings op Facebook oor die AWB:

Eugene Koen: Die sewes is winkelhakkies. Tweedens die Nazis was nie Boos nie. Derdens die AWB was 'n organisasie om die boervolk te verwar en besig te hou en skeiding te bring. Die AWB en KP het die selfde doel nagejaag. Die AWB het dierek onder AMI Afdeling Militeêre inligting gewerk en hulle was onder die beheer van Genl. Groenewald.

Eugene Koen: Tweejaar voor die 1994 verkiesing het Eugene bekeer van die verkeerde weg en erken dat hy verkeerd was en toe werklik teen die regering gedraai. Geen wonder die vrymesselaars het hom toe tronk toe gestuur nie, hy het hulle mos verraai.

Piet Rudolph: Eugene – drie jaar voor die ‘94 verkiesing het die AWB in die hof gestaan oor hulle De Klerk by Ventersdorp met geweld teengestaan het terwille van vryheid en om De Klerk se abdikasie te keer. Wat se nonsens praat jy,man? Jy is op my poslys en jy het duidelik nie my huldeblyk aan Terre'Blanche gelees nie, dan sou jy verstaan het wat die beweegrede was waarom die AWB in 1973 tot stand gekom het.

Hoe oud was jy toe? Want as jy oud genoeg was om die afgryse te verstaan en die ontnugtering toe ons agterkom ons gaan uitverkoop word en die kruisiepolitiek gaan ons nie help nie.

Jy as 'n man met Christen-beginsels, weet jy is nou besig met valsheid en jy praat kwaad.

Wat weet jy van die AWB se geveg om die twee strydende partye, HNP en KP tot insig te bring in die tagtigerjare omdat ons vir hulle gesê het die tyd loop uit en ons moet die NP uit die kussings kry, of ons sink. Ek weet want ek was daar. ek vertel jou nie van iets wat ek gehoor het nie maar wat ek self ervaar het. Die geskiedenis het ons reg bewys. Daardie gevoel van frustrasie en absolute ontgogeling soos wanneer 'n kind voor jou oë sterf en wat jy ookal doen, jy kan dit nie keer nie

Jou bewering dat die "AWB het direk onder AMI Afdeling Militêre Inligting gewerk en hulle was onder beheer van genl Groenewald" is net so vals en ek daag jou om dit te bewys, anders smeer jy. Die storie van genl Groenewald kom uit die Boss-geledere en het eg geklink omdat die onderleier van die AWB destyds, Tienie Groenewald se broer was. Ek kan maar vir jou sê hoeveel spanning daar tussen die twee broers was. Ek weet want ek het driekeer probeer om van die AWB 'n gevegsmasjien te maak maar is elke keer deur die staatsapparaat op straatvlak en in die organisatoriese opset gekelder.

Ons mense, en dit sluit Eugene in, het nie altyd die aanslag teen ons verstaan nie. Ek ken geen groter en eerbaarder mens as Jan Groenewald nie. Hy is nie 'n bokryer nie. Terre’Blanche was nie 'n bokryer nie en ek nog minder. Daardie praatjies het uit die geledere van ons vyande en hulle meelopers gekom soos van die HNP en gemors soos die NI-agent, adv Piet Pretorius met sy boek Volksverraad, wat uitgewys is as 'n openbare leuenaar en lasteraar.

Wys jy my 'n beweging of instansie waarvan meer mense gearresteer en toegesluit was as die van die AWB en dit sluit Terre'blanche en Groenewald in.

Terre'blanche is vermoor en daar sit vandag nog mense van die AWB in die tronke. Waarom moet mense wat probeer veg het teen die oorgawe nou so gesmeer word en dit nogal uit eie eie geledere? Julle speel binne die hande van die vyande. Dit is hulle funksies om agterdog te skep en verdag te saai. As jou eie mense egter jou met smeerstories ondergrawe met net een doel en dit is om die vyand terwille te wees, het dit laat vir ons geword in die dag!

Die AWB het verskriklike foute gemaak. Terre'blanche het verskriklike foute gemaak en ekself sit met my kwota op my kerfstok. Een fout, glo my, wat ons nie gemaak het nie is om ons volk te verraai en uit te verkoop.

Ek is nie meer in die AWB strukture nie, maar die waarheid is my meester. Vir enigiemand wat belangstel sal ek Jannie Groenewald se nommer gee, hy het die embleme opgestel. Jy, my dierbare jongvriend het nie hierdie stryd meegemaak nie, maar ek verwag van jou om te stry vir die waarheid. Los bewerings en gerugte, selfs gissings gaan ons nêrens bring nie - piet skiet.

1987. AWB at Blood River Monument

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee, Orde Boerevolk.
E-pos: piet.rudolh@gmail.com


Besoek gerus Orde Boerevolk se Webblad by:
https://sites.google.com/site/ordeboerevolk/