Verraad FW de Klerk - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Maandag, 02 Mei 2011 09:40

Is daar iets verkeerd met FW de Klerk se oë?

Of sy verstand?

FW de Klerk. Ventersdorp, 9 Augustus 1991

Beeldberig Wittes wen meeste na ’94 – FW Stigting (Donderdag 28 April 2011).

Daar is die gesegde van wie die gode wil vernietig, maak hulle eers mal! Dit is ooglopend wat besig is om met De Klerk, oud-leier van die NP en voorste uitverkoper van die die Witman in Suid-Afrika, te gebeur!

As gevolg van sy toedoen en met die steun van tweederdes van sy Afrikaner-volgelinge het die Witman sy Vryheid ─ en daarmee saam ─ sy selfrespek verloor! De Klerk het van ‘n eens trotse en welvarende land, ‘n puinhoop gemaak.

Sy stigting skryf: “Wit mense het waarskynlik meer by die nuwe Suid-Afrika baatgevind as enigiemand anders, met uitsonderng van die nuwe swart elite.” Watter snert. Al wat baat gevind het is die swart elite en die -potentate wat Suid-Afrika regeer!

De Klerk het van die witman in Suid-Afrika ‘n bedreigde spesie gemaak. Terwyl hy hom so verheug oor  wat die witman baat, word ‘n witvrou koelbloedig by ‘n polisiestasie waar sy ooglopend wou gaan kla het, doodgeskiet. Daardie berig verskyn op dieselfde blad en net bokant sy berig!!! Witmense word op strepe doodgemaak. In elke dorp en stad in hierdie land, staan witmense ─ mans vrouens en kinders ─ op straathoeke en bedel; Afriforum moes hof toe hardloop in ‘n poging om haatspraak teen witmense te keer, ‘n saak wat hulle gaan verloor. Witmense word deur wet verhoed om te werk; nêrens mag ons meer ons taal praat sonder om bewus gemaak te word van ons knegskap nie. So kan ek aangaan ad infinitum.

Verwysend na  die wittes en in ‘n oomblik, weg van  waansin skryf die De Klerk-kliek dat “Sowat 15% het geëmigreer en ‘n verdere 10%  wat nie langer deur apartheid beskerm word nie en dikwels die slagoffer van nuwe vorms van rassediskriminasie is, het in armoede verval.” Watter erkenning! Hoe kon mense wat in armoede verval, baat vind? Die teendeel is waar. Hy is direk verantwoordelik vir elke witman, -vrou en -kind wat in hierdie land swaarkry.

Dan maak De Klerk se stigting, hierdie eienaardig sommetjie, na die 15% wat weg is en 10 % wat verarm het, is 40% persent van die swartes werkloos teenoor 5.1% van die wittes! Dit is nou om appels met uie te vergelyk!

De Klerk is ‘n verraaier. Wat hy aan die Witmense en sy eie volk gedoen het, is verraad in die ergste graad. Die feit dat hy egter ongehinderd kan voortgaan om sy verraad te probeer verdoesel, spreek boekdele vir witmense verdraagsaamheid. Of is dit slapgattigheid? Verdien ons wat ons gekry het?

Die vergelykings met die stoflike welvaart van die wittes wat sy Nuwe Suid-Afrika gebring het, is kensketsend van sy oppervlakkigheid om sy abdikasie en oorgawe, behoorlik te begryp. De Klerk verstaan nie dat volkswees meer beteken as gewaande voorspoed vir een geslag. ‘n Volk bestaan immers uit hulle wat heen is; hulle wat hier is en hulle wat nog moet kom.

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekommitee Orde Boerevolk, Pretoria.
E-pos: piet.rudolph@gmail.com

Besoek gerus Orde Boerevolk se Webblad by:
https://sites.google.com/site/ordeboerevolk/