Balmoral, 29 Mei 2011 - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Maandag, 23 Mei 2011 10:50

– KRANSLEGGING –
BALMORAL-
BOEREKONSENTRASIEKAMP-KERKHOF,
BALMORAL, 29 Mei 2011

ZAR - OVS

Ons wil u graag hiermee herinner aan ons huldiging van die 27 000 vrouens en kinders wat deur die Engelse vermoor is in die Anglo-Boere-Oorlog wat op 31 Mei 1902 ten einde geloop het.

Van die 44 konsentrasiekampkerkhowe wat oor die lengte en breedte van Suid-Afrika versprei is, was Balmoral een van die helkampe van Queen Victoria. In hierdie konsentrasiekamp is oor die 400 vrouens en kinders wreed van honger en siektes dood. Ons  eer hulle nagedagtenis.

Bring u kransies saam. Die eenvoudige verrigtinge begin om 11:00 en behoort om 13:00 afgehandel te wees.

Kom ons betaal ons Geloftes en ons eer hulle wat bereid was om die lewe neer te lê vir die Vryheid.

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee Orde Boerevolk.
E-pos: piet.rudolph@gmail.com
Telnr: 072 419 3516