Volksblad: Lig die vloek op dorp, bid vrou (Piet Rudolph) PDF Afdruk E-pos
Sondag, 12 Junie 2011 09:52

Boer women

Geagte Volksgenote

Lig die vloek op dorp, bid vrou
2011-06-05 22:57 : Berig in Volksblad

Een ding staan soos ‘n paal bo water. Die verlede is onuitwisbaar. Wat aan ons volk gedoen is kan miskien nog vergewe word, maar vergeet nooit. Waarom daardie arme dogter wat verkrag is en vir dood agtergelaat is ‘n “Boer whore” genoem is, gaan die verstand te bowe. Dit is nie net sy wat deur die Engelse verkrag is nie. Ons vrouens is deur hierdie skuim mishandel en gemartel. Hulle trots het hulle verhoed om daaroor te praat. Dit bly ‘n skandvlek wat nog nie uitgewis is nie.

Die vuilgoed wat haar na die Engelse gesleep het, verdien nie vergifnis nie. Nog minder Oloff Bergh en sy “kafferkommando” wat Boerevrouens en kinders met knopkieries laat doodslaan het. Generaal De Wet skryf in sy boek dat hy hom gaan soek het, maar nie gekry het nie. Hoe kan ons bid en pleit vir vergifnis en dan poog om kwaad met goed toe te pleister. Moet ons nie eerder bid en pleit dat die Vader die Engelse hulle wandade moet vergeld.

Generaal De Wet se kind is by Mushroom Valley naby Winburg, deur Afrikaners doodgeskiet in die rebellie toe die seun en sy pa rebelleer het vir onafhanklikheid vir die Boerevolk. Ons eer hom te min.

Versprei deur Piet Rudolph
namens Orde Boerevolk.

Die berig in die Volksblad is geskryf deur:

Charles Smith

WINBURG. – ’n Boervrou het hier gebid dat die Here “die vloek op Winburg moet lig wat deur ’n Boeregeneraal op die dorp uitgespreek is”.

Mev. Marthina Kok het by navraag gesê die vloek is glo deur genl. C.R. de Wet oor Winburg uitgespreek nadat sy seun, Danie, deur die regeringsmagte in die Rebellie buite dié dorp doodgeskiet is.

“Hy het gedreig om Winburg af te brand. Here, lig daardie vloek!” het sy op ’n kultuurdag in die Winburg-stadsaal gebid wat sy gereël het om die boek The Boer Whore van Nico Moolman bekend te stel.

Sy het vir die geleentheid ‘n Voortrekker-rok en voorskoot aangehad.

Die boek gaan oor die Boeremeisie Susan Nell (17) wat deur dronk Britse offisiere in die Anglo-Boereoorlog (ABO) in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir dood gelaat is nadat sy deur die joiner C.P. Schutte van Heilbron na hulle gesleep is.

Kok het ook gebid dat die Afrikaners die bitterheid teen die Britte vergewe word.

Mense soos die joiner Olof Bergh moet ook vergewe word vir sy “gruwels” teen die Boerevroue.

“Here, gee ook dat ons die joiners en hensoppers vergewe. Ek het van albei in my voorgeslagte,” het haar gebed gelui.

Kok sê volgens oorlewering het Bergh ‘n klomp Boerevroue en -kinders van Reitz na die konsentrasiekamp laat aanry. Halfpad het hy besluit dit is te veel moeite.

“Hy het die vroue in ‘n skuur op ‘n plaas laat toesluit en ‘n klomp mans gestuur om hulle met knopkieries te gaan doodslaan. Twee het op die dakbalke geskuil en só ontsnap.”

Kok het gister gesê sy het die gebed gedoen om eenheid op Winburg te bewerkstellig. Sy vermoed die Here beweeg in hierdie tyd in gemeenskappe. “Ons moet regmaak vir die oordeelsdag, anders gaan jy vir herlewing bid, maar nêrens kom nie.”

In haar gebed het sy ook verwys na die twee NG gemeentes wat nie eenheid kan bewerkstellig nie. Sy praat na die “Sap-kerk (die Winburg-gemeente) en die Nat-kerk (die Rietfontein-gemeente)”. Sy is self nie lid van een van die gemeentes nie.

“Almal op Winburg lag en sê: ‘Ai, dié twee gemeentes...’ Ons trek maar net skouers op. Totdat die Here sê: ‘Maar niemand het My nog om verskoning gevra nie.’”

Kok het gesê sy is gister deur inwoners gelukgewens met haar gebed.

“Vir my gaan dit nie oor die bohaai nie. Die Here het vir my gesê ek moet dit doen, toe doen ek dit. Ons is ‘n gemeenskap wat die Here ekskuus vra.

“Ek hoop die Here aanvaar dit. Ek sal môre (Maandag) wag op Sy antwoord.”

Kok sê sy gaan sit in die berge op hul plaas Môreson en praat met die Here.

- Volksblad