Volkstaat. Die Afrikaner is nie ‘n volk nie – Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Sondag, 12 Junie 2011 10:48

The only Volkstaat is Boerestaat

From “Boere-Republikeine” Facebook page

Volkstaatbeweging - Dit is die korrekte spelling. Of is die spelling tekenend van die politieke wydsbeenlopery van die Afrikaners wat oningelig genoeg is, om wanneer daar oor vryheid in die land gepraat word, enige denkbare foefie en vittery om die Boersaak van onafhanklikheid op die Boeregrondgebied, verdag te maak, gebruik maak.

Die naam wat jy gebruik, is 'n skuilnaam- waarom en waarom skaam wees om jou naam by jou standpunt te voeg? Jou standpunt : “ ‘n Land, ‘n Republiek. ‘n plek van God se volk. Die Wit Afrikaner Republiek voor 2018.” Watter hoogdrawende, mooiklinkende snert! Wit Afrikaners? Is dit ‘n erkenning dat daar nog Afrikaners is, maar hulle is bruin en swart? Waar is die land wat jy van praat? Waar is die Republiek waarvan jy praat? En “God se volk” Of gaan jy vir God sê waar “God se volk” ‘n land wil hê? Vriend, jy is in vir ‘n verrassing as jy gedink het die sogenaamde AFRIKANER is God se volk!

Net so windskeef jou aankondiging van die Volkstaat Beweging se plan van aksie – “Die verkryging van ‘n Volkstaat/Selfbeskikking vir die Afrikaner Boer.” Nou het ons by die “Afrikaner en “Boere Arikaner” ‘n nuwe toevoeging – “Afrikaner Boer.” Wat ‘n semantiese gegorrel!

Kan ons dit enigsins vir die wêreld- en die oningeligtes- uitspel. In hierdie land is dit net die Boerevolk wat aanspraak kan maak op die herstel van die Boererepublieke. Die Afrikaner is nie ‘n volk nie en het die aanspraak daarop verbeur deur die republiek- weliswaar veelrassig- wat hy verwerf het van 1961 tot 1994- vrywillig weg te gee. Nou is hulle besig met nuwe misleidings.

Wat is ‘n Volkstaat en waar? Wat beteken die misleiding van selfbeskikking? Dit beteken nie vryheid nie. As ‘n etniese minderheid binne ‘n swart Suid-Afrika, beteken selfbeskikking niks. Mense wat praat van selfbeskikking openbaar hulle gebrek aan kennis oor wie ons is en wat ons wil hê. Hou op gorrel en help ons om die Boerevolk- die ware Boere-Republikeine bymekaar te maak en ons Boere se aspirasies vir totale soewereine onafhaklikhied, op die tafel kry. Moenie dat u “aspirasies” van ons wit plakkers maak nie. Ons eis die herstel van ons Boeregrond- niks meer en niks minder nie.

Laastens ‘n Prinsevlag, vir wat? Ons het die Vierkleur en die Vrystaatse Vlag. Daarvoor het meer as 24 000 Boere kinders en oor die drieduisend Boerevrouens die lewe afgelê. Ons Boere het niks om weg te steek oor wie ons is en wat ons is nie!!!!!!!
Piet Rudolph, Orde Boerevolk.