Die RSA was nie ‘n Boerestaat – Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 17 Junie 2011 09:13

RSA flags

From “Boere-Republikeine” Facebook page

[...] Nee, los nou maar argumente opskop soos stof. As die stof gaan lê, is die argumente ook daarmee heen. Het jy jou al ooit die vraag afgevra waarom mnr Marais moes argumenteer dat ons Afrikaners is, as ons ‘n ryke Boere-geskiedenis van stryd het:vryheid gehad het dit verloor het en deur wie ons dit verloor het? Almal van ons het gedink dat dr Verwoerd se Afrikaner-republiek, was die herstel van onder andere die vryheid van Transvaal en die Vrystaat en dat ons nou almal Afrikaners is. Watter drogbeeld!

Ons leef in 2011 onder ‘n swart regering en as knegte. Ons het nie vryheid nie want ons is 'n etniese minderheid sonder grondgebied van ons eie. In 1989 het ons nog ‘n republiek gehad- ‘n Afrikaner-republiek waarmee mnr Jaap Marais en sy party tevrede was. Hulle het Suid-Afrika beskou as “die land is ons land.” Hulle het probleme gehad met die integrasie -politiek van die Nasionale Party. Hulle was ingestel op weerstandspolitiek. As jy in 1989 met mnr Marais gepraat het oor vryheid en die herstel van die Boere-republieke, sou hy gesê het jy moet jou kop laat lees ons het dan 'n republiek. Die Boeregeskiedenis was sentiment wat gebruik is wanneer daar oor stryd gepraat is!

Mnr Marais is dood. En nou het ek en jy oorgebly. En ons is nie vry nie, met bitter min hoop vir ons nageslag. Hier is geen ander plan AS DIE HERSTEL VAN DIE BOEREREPUBLIEKE. Enigiets anders is praatjies vir die vaak!!!!

Die verskil tussen ons Boere en die Afrikaners is dat ons Boerevolk wil wees en ons grondgebied herstel wil sien. Gaan praat maar met enige Afrikaner oor wat hy as vryheid beskou en waar, en jy sal dieselfde onbekookte argumente kry as waarmee jy jou besig hou!

Boeregroete,
Piet Rudolph