Boere-Afrikaner? Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 16 Augustus 2011 15:43

Van die Facebook-muur van Piet Rudolph

VierkleurOm agter die begrip Boere-Afrikaner te skuil is om voor te gee om iets van ons geskiedenis te weet. Misleiding van ander is verraad. Misleiding van jouself is so goed soos selfmoord.

[...] Dankie broer die wat probeer om ons te vernietig moet uiteindelik hulle wapens wys. Hulle sal uitvind dat ons Boerevolk steeds bestaan en steeds aan ons Maker vaskleef.

[...] - Natuurlik is daar swart- en Indiërboere. Jy praat van boere. Dit is landbouers. Boere met ‘n Hoofletter B is ‘n volk en alhoewel die Boerevolk wit is, beteken dit nie elke witman ‘n Boer is nie. FW de Klerk is Wit, maar is hy ‘n Boer? Carl Niehaus - die ANC- is wit, maar is hy ‘n Boer? Helena Zille is wit, maar is sy ‘n Boer? So kan ons aangaan ad infinitum. Wat rassisme betref, redeneer jy dat as jou vel wit is, is jy ‘n rassis of as jou vel swart is, is jy ‘n rassis? Jy maak ras ‘n vloekwoord en ‘n misdaad om dit aandie term rassisme te koppel.

[...] - Groot verskil. Om wit te wees beteken nie om van dieselfde volk te wees nie. Wat is die verskil tussen ‘n Hoillander en ‘n Duitser?

[...] - Ek het geweet jy ken nie die geskiedenis nie. Die gesprek stuur daarop af om jou te oortuig om huistoe te kom na jou volk toe. Die geskiedenis van die Boerevolk is in bloed geskryf en dit sal so voortgaan. En of jy nou ‘n Boer is of nie, jy is ‘n teiken. Ons is nou ‘n etniese minderheid, slawe sonder ‘n land van ons eie. Soos in die Groot Trek, toe ons kinders se koppe teen die wawiele papgeslaan is, word ons kinders vandag nog vermoor. Dit sal so aanhou totdat die laaste witmens in die see verdwyn het. Die gegorrel oor vrede en naasbestaan, is praatjies vir die vaak. Ons Boere wil vry wees. Ons kan geen slawe wees nie. Ek weier knegskap en jy?

[...] -  nou hoe raak jy so gou deurmekaar? Natuurlik. Die heimat van die Boerevolk is Transvaal en die Vrystaat- die grondgebied wat die Engelse geannekseer het en waarvoor hulle 24 000 kindertjies en 3000 vrouens in konsentrasiekampe uitgemoor het. Stap nr 1 is dat jy onderskei tussen volk en landbouers. Boerevolk spel jy met ‘n hoofletter. Daar kan nie ‘n volk bestaan sonder sy grondgebied nie. Nou, jou volgende vraag - Wat van die Kaap kolonie?