Die foefie van die VVK - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 20 September 2011 13:33

Stop Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK)Deur die jare was dit die standpunt van die Orde Boerevolk dat in die volksstryd dit beter is om iets te doen as om niks te doen nie, al blyk dit later wat jy doen verkeerd was en nie die gewenste uitwerking gehad het nie. In daardie lig sal ons die verkiesingspoging van die VVK beskou. Enigiets wat gedoen word om witmense bymekaar te kry en aan die dink te kry, is loofwaardig. Met daardie maatstaf, beskou ons die poging van die VVK as ‘n prysenswaardige poging en beter as niks.

As ons dit gesê het behou ons steeds ons die reg op kritiek voor sonder aansiens des persoon en vreesloos. Ons sal nie deelneem waar dit duidelik is dat wat beoog word deur indiwidue, organisasies en instansies, die doelwit naamlik Vryheid en die herstel van ons Boere se grondgebied, die Transvaal en die Vrystaat in die wiele gaan ry nie. Daarom beskou ons nie die poging van die VVK as ‘n vryheidspoging nie. Dit is niks meer en niks minder as ‘n foefie nie. En dit gaan ons nêrens bring nie. Eerder ons stryd vertraag.

Die VVK se poging is weereens ‘n Afrikaner-kompromis wat gedryf word deur politieke aspirante, van wie sommiges gevaarlik min weet van die begrip van Vryheid. In dié opsig is hierdie totale poging niks meer as die doen en late van ‘n politieke party wat iewers ‘n staanplekkie soek. Die blote feit dat soveel HNPen oud-HNPlede die kandidaatspossies by die VVK volsit is ‘n goeie aanduiding wie die mense is met die hoogste aspirasies. Uit hierdie oord kan mnr. Paul Kruger hom reg maak vir ondergrawing.

Met sewentien kandidate en 100 000 stembriefies kan hierdie instansie nie verwag om aanspraak te maak op volksverteenwoordiging nie en sal hulle nêrens ernstig opgeneem word nie - nie deur die ANC-regering of in die buiteland nie!

Dit is dus verspilde energie wat beter gebruik kon gewees het om die Boerevolk bymekaar te maak en ons stryd onder die aandag van die wêreld te bring. Wat ons ookal doen, sal gedoen moet word met die wete dat ons ‘n klein minderheid is in ‘n vyandige wêreld en dat stryd ons voorland is.

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee, Orde Boerevolk.
E-pos: piet.rudolph@gmail.com