Die Malema-dilemma - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 21 September 2011 09:28

Die Malema-dilemma - ‘n voortgesette sage

Julius MalemaDie politieke pimpernel van Polokwane is besig om soos ‘n warrelwind deur die politiek – beide wit en swart – te trek. Die stofdamp wat agterbly is egter verstikkend, neerdrukkend.

Een ding is egter seker en dit is dat meneer Jacob Zuma, glad nie gerus kan slaap nie, want verterende ambisies vir die possie van staatspresident glimmer in die donker op ‘n paar plekke. Ook by die vuurkonka van Julius Malema.

Veral die Afrikaanse pers probeer die man as liggewig afmaak. Dit is sover van die waarheid as wat kan kom. Die laaste van die Malema-manewales, is nog nie gehoor nie.

Alhoewel die uitspraak in die Gelykheidshof oënskynlik teen hom gegaan het sal hy op die lange duur as oorwinnaar uit die stryd tree. Swart rassiste sal voortgaan om Malema se lied uitdagend te sing sonder dat die agbare regter se uitspraak dit kan verhoed. Of is daar iemand so naïef wat dink dat ‘n swart polisieman, ’n swart opruier sal arresteer wat sing, Skiet die Boer? Vanaand by vreugdesvure in swart woongebiede, word die “vryheidslied” met oorgawe gesing!

Die onrusbarendste is egter dat Malema se rassisme, die dryfveer in die swart geledere sal word. Die lont by die kruitvat!

Daar is reeds ‘n kreet in die ANC dat die witregters nie in diens van die regering staan nie en hulle dus vervang moet word. In daardie geledere word dit gerieflikheidshalwe vergeet dat dit juis ‘n wit regter was wat Zuma vrygespreek het op ‘n klagte van verkragting!

Nog ‘n fasset van die rassehaat-kookpot is dat die arme wit meelopers wat in die ANC sit, die hitte aan hulle lyf sal begin voel. Mense soos die witlakei, Derek Hanekom. Hy het in die haatspraak-saak, vir Malema getuig. Nou is hy die voorsitter van die sogenaamde tugkomitee teen Malema en raai-raai, Malema het reeds gevra dat hy moet padgee!

Iemand se dae is getel en dit is beslis nie Julius s’n nie!

Swart rassiste

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee Orde Boerevolk.
E-pos: piet.rudolph@gmail.com