Afrikaner “volksraad” - Dr. Lets Pretorius PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 05 Oktober 2011 15:57

PERSVERKLARING
NUUSBERIG OP ENUUS IN AFRIKAANS - DINSDAGAAND 4 OKTOBER 2011 – VOLKSVERKIESING VAN AFRIKANERS GEREEL DEUR DIE VVK

Dr Johan Lets Pretorius

Na aanleiding van ‘n nuusberig wat gisteraand 04/10/2011 op eNuus verskyn het en berig is oor die volkverkiesing van ‘n Afrikaner volksraad deur die Volks Verkiesings Komitee [VVK].

In die nuusberig is vermeld dat die “volksraad” optree namens die Boerevolk. Dit is nie korrek nie.
Die Boerevolk Verteenwoordigende Raad [BVR] teken hiermee amptelik beswaar aan, teen die verkeerde en misleidende nuusverklaring van die VVK, dat die Boerevolk enigsins betrokke is in, of van die aksies, wat gedryf is deur die HNP, die Verkenners beweging, die Kommandokorps, Radio Pretoria en die AWB.

Sedert 2008 het die BVR hulle distansieer van die sogenaamde “volkverkiesing” en die Boerevolk het geensins deelgeneem aan die aksies nie. Dit is uit en uit ‘n Afrikaner aksie van ‘n klein groepie Afrikaners sonder enige spesifieke identiteit.

Geen van die kandidate wat verkies is het ‘n mandaat om namens die Boerevolk op te tree nie. Vir u inligting die volgende persone is verkies tot die “volksraad”:
Andries Breytenbach - Leier van die HNP
Abel Malan – President van die Verkenner beweging.
Ben Geldenhuys – Voormalige president van die Verkenner beweging
Henk van der Graaf – aanbieder by Radio Pretoria
Steyn von Ronge – Leier van die AWB
Franz Jooste – Leier van die Kommandokorps
Sakkie van der Merwe - voormalige aanbieder by Radio Pretoria
Ettiene le Roux - voormalige AWB wat amnestie ontvang het by die WVK
Tiaan Theron – lid van die Orania beweging en lid van die Verkenner beweging.
U sal dus merk dat nie een van die persone enige verbintenis het met die Boerevolk nie.

ONS VERSOEK VRIENDELIK DAT DAAR ‘N REGSTELLING OP U ENUUS PROGRAM GEMAAK WORD DAT DIE BOEREVOLK HULLE DISTANSIEER VAN DIE AKSIES EN GEEN VAN DIE PERSONE ENIGE MANDAAD BESIT OM NAMENS DIE BOEREVOLK TE ONDERHANDEL NIE.

Dr Johan Lets Pretorius
President van die Boerevolk Verteenwoordigende Raad