Boere Kerk - Werner Kruger PDF Afdruk E-pos
Sondag, 09 Oktober 2011 14:26

Bybel

Ek wil almal wat belang stel uitnooi na die Boere kerk toe, of soos in die ou taal, Boeke vat

Plek: Jou binne kamer
Tyd: Elke aand tussen 21:00 en 22:00


Kom ons gaan aan by Jesaja 40 en lees dan elke aand 1 hele hoofstuk. Plaas elkeen dan asb net 1 vers wat vir jou uitstaan,of spesiaale betekenis het. “hou van” as dit alreeds deur iemand anders geplaas is.

Maak nie saak hoe ons verskil van gelowe nie. Asb, moet nie weer begin stry oor name nie. Almal is nog nie op gelyke vlak van ontwaking nie.

Ons moet saam voor Vader begin verootmoedig. Om net een hoofstuk in die Woord saam met jou mede Boer te lees, is ‘n klein begin, maar is darem ‘n fisiese aksie.

Boereliefde en groete

Werner Kruger