E.N. Terre’Blanche - in tere herinnering PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 11 Oktober 2011 22:54

Eugene Ney Terre'Blanche, 1 Maart 2008

Aan ‘n kameraad, leier en Volksman- in tere herinnering! E.N. Terre’Blanche (Piet Rudolph)

Miskien ook sal ons sterwe
en iewers ruggelings stort,
daar hierdie helder aarde
in ons verdonker word.

Miskien sal niemand later
mooi dinge van ons weet,
en nêrens sin te kry wees
in al ons stryd en leed,
sal elkeen as hy magteloos
naby die sterwe lê,
net hierdie eensaam wete
uiteindelik nog hê:

dat ons nie kon gebuig word
soos hul geweld dit wou,
en dat ons hoog kon lewe
net aan ons bloed getrou.

- NP van Wyk Louw.