Protokol vir die voer van die Vierkleur van Transvaal - Henry H. Pinkham PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 19 Oktober 2011 22:48

van Boerevryheid Forum

PROTOKOL VIR DIE VOER VAN DIE VIERKLEUR VAN TRANSVAAL

Zuid Afrikaanse Republiek



‘n Amptelike publikasie van die Boerevolk
Uitgegee deur die Volksekretaris, Pretoria, Junie 2007

Die Vierkleur is die geregistreerde vlag van die Boerevolk.

WAT IS ‘N VLAG?

‘n Vlag is nie maar net ‘n stuk lap nie. ‘n Vlag verteenwoordig ‘n volk of ander etniese of staatkundige gemeenskap en die grondgebied waarop daardie gemeenskap woon. Daar is etniese gemeenskappe en volke wat nie oor eie grondgebied beskik nie maar wat nogtans oor eie vlae beskik. Die vlag simboliseer, verteenwoordig, en staan vir die etniese gemeenskap of volk wat hom ontwikkel het, en vir sy hele geskiedenis. Verbranding van ‘n vlag is die grootste belediging wat ‘n mens aan ‘n volk of nasie kan toevoeg.

Vlae ontstaan nie normaalweg as skeppings van komitees nie, maar ontwikkel met verloop van tyd, uit die simbole wat vir die betrokke volk, stam, nasie of ander etniese eenheid belangrik is. Sulke simbole moet met die nodige eerbied en respek behandel word. Vlae word op spesifieke voorgeskrewe wyses vertoon en behandel. Vuil of geskeurde vlae mag nie gevoer word nie en moet vervang word. Vlae word gou goedkoop en word allemansgoed as hulle sonder eer en respek behandel word of op onwaardige wyse vertoon word. Vergelyk die Amerikaanse vlag en Mandela se heksepoot wat selfs op ASBLIKKE voorkom!

In die geval van die simbole van die Europese volkere is dit ooglopend dat sekere simbole en kleure herhaaldelik voorkom. Dit is nie bloot toevallig dat die kleurkombinasie rooi wit en blou in die vlae van die meeste Europese volkere voorkom nie, vanaf Siberië tot Hiberië, en in die Britse eilande en die VSA en verder.

Ook die Vierkleur van Transvaal as simbool kom baie ver vandaan, oor baie millenniums. Dit moet dus met die nodige eer en respek behandel word en daar is sekere gebruike en simboliese handeling daarom verweef.

Vir lede van die Boerevolk is die Transvaalse Verkleur en die Vrystaatse vlag simbole wat hulle van hulle Hemelse Vader ontvang het, en wat deur Hom bewaar is oor die eeue. Hierdie twee vlae is derhalwe vir die Boerevolk die belangrikste volksvlae en die vlae van de toekomstige Boerestaat.

Die Vierkleur is die geregistreerde vlag van die Boerevolk.
Lewe die Boerevolk! Laat die Vierkleur wapper! “En wee die Godverlate hand wat hom weer neer sal haal”

SIMBOLIEK VAN DIE VIERKLEUR


Die Staatswapen (wapenskild) en Staatsvlag van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) van Transvaal is ontwerp deur ds Dirk van der Hoff van die Nederduitsch Hervormde Kerk, wat die Staatskerk in die ZAR was. Die kleure en ontwerpe is uit sterk teologiese oorwegings gekies, en kom ooreen met die heraldiese tekens en kleure van die Israelitiese stamme in die Bybel.
Groen simboliseer die veld, asook die landerye wat deur die boer bewerk moet word om ‘n oes te lewer. Die bewerking van die landerye word voorgestel deur die os, die simbool vir Efraim, wat ook voorgestel word deur ‘n ossewa. Rooi simboliseer bloed en stryd vir Hemelse Vader, Volk, en Vaderland, en derhalwe ook vir ons se Verbond met Hom. Dit staan ook vir die Leeu van Juda, en die Belofte dat die Huis van Israel altyd ‘n koningshuis sal hê uit die stam van Juda, tot in die laaste dae. Wit is die kleur van die stam van Ruben, wat deur die afbeelding van die man voorgestel word. Vir die Voortrekkers en die Boerevolk het dit gestaan vir krag, sterkte, en hoogheid, van die Eersgeborene, ‘n tipe van die Messiah. Blou stel die lug voor. Dit simboliseer die arend , wat staan vir die stam van Dan wat vry vlieg (swerf) waar hy wil. Dit stel dus die Vryheidstrewe van die Boerevolk voor.

Op die Staatswapen staan die man, wat Ruben verteenwoordig, op die blou agtergrond omdat die wit agtergrond ‘n anker bevat (simbool van geloof, en duidend op die seevaart waardeur ons volk geplant is), en aangesien die arend gebruik is as helmteken bo-op die wapenskild. (Vergelyk ook die vier simbole in Openbaring 4:7)

ZAR staatswapen


“Ons weet hy’s die seël van ons vryheid en reg
vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
die pand van ons erf’nis geslag op geslag,
om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
ons nasie se grondbrief van eiendomsland, uitgegee op gesag van die Hoogste se hand!

Om hierdie redes moet die Vierkleur met respek behandel word en mag dit nooit goedkoop gemaak word nie.

SO LEES ‘N MENS ‘N VLAG:

‘n Vlag word gelees soos ‘n mens ‘n boek lees: In die geval van lande met ‘n Westerse alfabet lees ‘n mens die vlag van links bon a regs onder, soos wat jy ‘n boek lees. Soms het vlae dan ook woorde op, wat aan die voorkant van die vlag gelees moet kan word.
In die beskrywing wat volg moet u onthou dat u na die voorkant (gesigkant) of regte kant van die vlag kyk. Die vlag se eie regterkant (deksterkant) staan derhalwe aan u linkerkant op die bladsy, en die vlag se eie linkerkant staan aan u regterkant op die bladsy. Die belangrikste deel van die vlag is die boonste hoek aan die vlagpaalkant. Dit is dan vandaar af dat die vlag gelees word. ‘n Mens lees nou die vlag van die linkerkant van die bladsy af , van bo na onder:

Zuid Afrikaanse Republiek
By die Transvaalse Vierkleur loop die vertikale groen baan oor dié hoek van die vlag. Die groen is derhalwe hier die belangrikste (eerste) kleur. Hierna volg die kleure rooi, wit, en blou, in daardie spesifieke rangorde.
Ten einde die rangorde van kleure te kan handhaaf wanneer die vlag vertikaal hang, is dit dus noodsaaklik dat die vlag se agterkant (verkeerde kant) nou vertoon word (onthou, ons lees mos van bo na onder en van links na regs).


Zuid Afrikaanse Republiek

ERTOON VAN VLAE
MEERVULDIGE VLAE:

Die “heksepoot”-vlag van die sogenaamde “Nuwe” Suid-Afrika mag nooit saam met die Transvaalse Vierkleur of die Vrystaatse vlag vertoon word nie. Dit sou neerkom op ‘n uiters growwe belediging vir ons Volk en ons Hemelse Vader, en mag onder geen omstandighede geduld word nie.

Wanneer daar twee vlagpale is, kom die vlag met die hoogste belangrikheid aan die (vlae se) regterkant (deksterkant). As die Vierkleur gehys sou word saam met bv die skoolvlag van Hoërskool Janus Walus, (denkbeeldige naam) sou die Vierkleur eerste staan, en die skoolvlag links (die vlag se linkerkant), en die Vierkleur sal ook effens **** gehys word.
Vir ‘n Boer wat bv in die VSA woon, is die VSA-vlag die belangrikste, daarna die Vierkleur, en daarna alle ander vlae.

Die “heksepoot”-vlag van die sogenaamde “Nuwe” Suid-Afrika mag egter nooit saam met die Boerevlae vertoon word nie. Die Boerevolk is nie ‘n minderheidsgroep nie, maar ‘n volk in eie reg. Ons erken nie die onderdrukkervlag van die ANC nie.


Dexter (Regs) Sinister (Links)

VLAE VAN “GELYKE” BELANGRIKHEID:

Rangskikkings:


Skeepsmas-rangskikking Twee vlagstokke Twee vlagstokke

ONTHOU: Vuil, verbleikte of verslete vlae word nie vertoon nie.

By vlaghysing salueer persone in uniform. Mans wat nie in uniform is nie, haal hulle hoede af en kom op aandag volgens die gebruik van die land waarin hulle woon. Geen deel van die vlag mag ooit op die grond hang nie. By vlagstryking (wanneer die vlag van die vlagpaal afgehaal word) word die vlag se onderste punt neergelê op die skouer van die persoon wat die vlag stryk. Die vlag word dan na onder gebring totdat die hele vlag op die stryker se skouer lê. Daarna kan dit opgevou word, met dien verstande dat geen gedeelte van die vlag aan die grond mag raak nie.

Vlae kan ook op klere vertoon word, verkieslik in die volgende posisies:


Die vertikale (sagittale) middellyn van die liggaam vorm die “vlagpaal.”
Die vlag wapper dus na die sinisterkant toe. Op die linkermou wapper die vlag na agter.

Metaal Lapelwapentjie

Geborduurde lapvlaggie op bors
bokant sak OF
op mou
NOOIT OP ALTWEE NIE

Op dubbelborsbaadjies en windjekkers word vlaggies verkieslik op die linkermou gedra. Op kleurbaadjies kan vlaggies as sakkentekens gedra word op die bosak.

Lapvlaggies is verkrygbaar by die Plaaswinkel of byHutten Buchdienst in Pretoria 012-807-0434


KLEDINGSTUKKE

Indien die Vierkleur op klere aangebring word, moet dit op so ‘n wyse gedoen word dat die waardigheid van die vlag nie daardeur geskaad word nie. Die kleure van die Vierkleur kan bv in hemde en truie en sweetpakke gebruik word, mits sulke kledingstukke gedra word om patriotisme te vertoon, en nie aangewend word as werksdrag waar die status van die kleure besoedel word deur sweetreuk of vuilheid van die kledingstuk nie.

As ons dan die reëls toepas wat hierbo genoem is, sou dit aanvaarbaar wees om truie of hemde of T-hemde te maak en te gebruik in kleurskema’s soos die volgende:



Dit sou egter verkeerd wees om bv ‘n broek te lap met ‘n Vierkleur. kledingstukke met vierkleur-kleure mag onder geen omstandighede in besit kom van volksvreemdes nie.

Ook mag die Vierkleur NOOIT as tafeldoek gebruik word nie, hoewel dit in die haak sou wees om dit as tafelversiering te gebruik mits dit mooi gedrapeer word en daar nie ‘n moontlikheid is dat daar kos of ander dinge op gemors word nie. Die sleutelwoord met die gebruik van die Vierkleurvlag is “goeie smaak.”

Begrafnisse

Die Vierkleur mag gebruik word om ‘n doodskis te bedek in gevalle waar die oorledene volksdiens verrig het. Net voordat die kis in die graf afsak, word die vlag verwyder en opgevou, waarna dit aan die naasbestaandes oorhandig word vir bewaring as nagedagtenis aan die oorledene.



VIERKLEURPLAKKERS OP VOER- EN VAARTUIE


Dit is gebruiklik by lede van die Boerevolk om vierkleurplakkers op dieagterruit van hulle motors aan te bring om hulle volksaanhorigheid aan te toon. Dit word ook op motors se nommerplate aangewend in die plek van ander onaanvaarbare kentekens.

Denkbeeldige middellyn van motor vorm “vlagpaal.” Vlae wapper weg daarvandaan.
Plak vlaggies regs van die middellyn op enige posisie aan die agterkant van diemotor.


Op busse en ander voertuie word vlae soms op die sykante aangebring.
In hierdie geval moet die vlae altyd vanaf die voertuig se voorkant na die voertuig se agterkant wapper:

Op lokomotiewe en ander rollende material word die vlag as embleem aangebring met die vlagpaal aan die vlag se regter (dekster) kant.
Vir feesgeleenthed word twee vlaggies op vlagstokkies aangebring, een links en een regs voor aan weerskante van diesellokomotiewe se neus, of voor aan weerskante van stoomlokomotiewe se stoomketel.

Op vaartuie binnelands word die Vierkleur aan die vlagstok gewapper in plaas van ander landsvlae.
Op vaartuie binne Suid-Afrikaanse gebiedswaters mag die Vierkleur as landsvlag/nasievlag eers op vaartuie gewapper word sodra die Boerevolk weer vry is. Die Vierkleur of die strydvlag mag NOOIT saam met die ANC se sg “kettievlag” of “G-string” gewapper word nie.

[...]