VVK, saak teen Piet Skiet teruggetrek - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 08 November 2011 23:51

Vryheid vir die Boervolk!

Persverklaring:

Die vals kriminele saak wat deur lede van die VVK teen my gemaak is toe ek op 17 Februarie 2011 by hulle vergadering by Paardekraal gaan vrae vra het, is vandag teen my teruggetrek in die Magistraatshof te Krugersdorp. Dit is gedoen deur die klaers self. Ek het hulle belowe dat hulle in is vir 'n ding.

Op 74 jaar is ek aangerand, in die gesig gespoeg, gevloek, geskop en geslaan binne die vergadersaal te Paardekraal en die belhamels, manne van 30-35 jaar was van plan om die aanranding buite Paardekraal in die straat, voort te sit. Ek moes die nag in die poliselle slaap as gevolg van vals klagtes.

Ek is aangerand en hardhandig behandel deur Afrikaners omdat ek die volgende vraag gevra het. Ordeel vir uself:
Voorsitter,
My naam is Piet Rudolph. Dit is ek wat in 1970 by Sakkie vd Merwe in sy huis was. Dit is 40 jaar gelede. Ek is steeds hier. Ek kom vir u sê, my vraag wat ek wil vra, gaan ek vir Paul Kruger vra. Slim man, regsgeleerde; ‘n slag deur die tronk geloop en amnestie gevra en gekry het, as ek dit reg het.
Vriende, ek staan hier en ek het hierheen gekom omdat ek vir u onbeskaamd wil sê hier is nie iemand in hierdie saal wat ‘n groter vryheidsdrang het as ek nie. Dit is hoekom ek gekom het, dit is hoekom ek gekom het hier na Paardekraal.
Maar soos wat daar in die Christendom, groot bedrieërs is, is daar in die volk ook groot bedrieërs. U moet ons nie kom bedrieg deur te sê dat u, Boer is nie, terwyl u eintlik iets anders bedoel nie. Moenie vir ons kom vertel van Vryheid nie. Watter Vryheid praat u van as u van Vryheid praat?
Ek, as ‘n Boer, ken net een Vryheid en dit is die vryheid van die Boererepublieke wat herstel moet word. Ek sê nou vir u onomwonde, u is besig met ‘n nuwe ding. U kan dus ook besig wees met ‘n nuwe volk, maar u is nie besig met die herstel van die Vryheid van die Boerevolk nie. En dus hoekom ons by Paardekraal is. Daardie Boerevolk se Vryheid het hier by Paardekraal verbygeloop. As u nie bereid is om op te staan en te veg vir die Vryheid van dié volk nie, dan sê ek vanaand vir u, u stryd is verlore. Sê my, mnr Kruger, u is besig met ‘n nuwe ding, dit is nie die herstel van die Boererepublieke nie?