VVK. Hier is die eerste krake! - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 17 November 2011 12:11

Andries BreytenbachOns het hier gewaarsku voor die VVK-verkiesing dat mnr Paul Kruger, die voorsitter, maar lig moet loop vir die aspirasies van die HNP's in die VVK en by name, mnr Andries Breytenbach, wat teen sy party se volgehoue standpunt oor die jare om nie met die ANC te onderhandel nie, nou met die VVK, by die agterdeur ingeglip het.

Die VVK-verkiesing is nie twee maande oud nie e... n die eerste bevestiging daarvan, is op die tafel. In 'n berig in die Afrikaner, 4-10 November 2011 onder die opskrif Hoofbestuur bevestig HNP se standpunt, word die volgende geskryf:

"Die Hoofbestuur het kennis geneem dat daar na die volkseie verkiesing op 24 September by sekere ondersteuners van die HNP twyfel is oor vryheid in ons vaderland. Die twyfel het klaarblyklik ontstaan na aanleiding van 'n artikel in Die Afrikaner van mnr Paul Kruger, voorsitter van die VVK, waarin hy mnr Koos Malan op sekere stellings in laasgenoemde se boek aanspreek, maar hom ook uitspreek ten gunste van 'n volkstaat. Dit is mnr Kruger se persoonlike standpunt."

En dan verder in die berig: "Die Hoofbestuur bevestig sy staande beleid dt blank Suid-Afrika, soos tot en met 1994, geskiedkundig en volkeregtelik die eiendom van die Afkanervolk is."

Die baas het gepraat !! (PJR-17/11/2011)