Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 18 November 2011 15:10

ZAR OVSDie beogde funksie van hierdie poging, Boere-Republikeine, is om 'n basis te skep om die ideaal van die bymekaarmaak van die Boerevolk en die uitdra van ons vryheidsideaal, die herstel van die Boere-republieke, te probeer bewerkstellig. Vir daardie doel sal ons skerp kyk na dit wat ons as Boerevolk bedreig en ons op dwaalweë na die afgrond lei. Ons spasie hier is te beperk om onderling gevegte te laat ontaard in 'n rofstoeigevegte en moddergooiery. Ons uitgangspunt bly- as jy beweer dan bewys jy. Enigeen word op daardie basis, hier aan die gesprek kan deelneem. Hier laat ons vryheid van spraak toe, al verskil ons daarvan. Ons laat net nie vyande toe nie en ons sê niks wat ons nie in enige hof in die land sal sê nie - (PJR 18/11/2011)