Diie prys van vryheid – Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 23 November 2011 21:45

BalmoralVir 'n hele aantal jare kom 'n klein klompie Boere, elke jaar, by die Balmoral- konsentrasiekampkerkhof, bymekaar om op 31 Mei, 10 Oktober en 16 Desember, kransies te lê op die grafte van hulle wat in dié konsentrasiekampkerkhof begrawe lê. Balmoral was een van die helkampe van Koningin Victoria, in die Engelse Oorlog. Hier is Boervrouens en -kinders letterlik toegelaat om van ...honger om te kom. Kan ons Vergeet? Mag ons vergeet?

Hierdie konsentrasiekamp wat op 'n plaas geleë is langs die grootpad na Oos-Transvaal- tussen Bronkhorstspruit en Witbank- is in 'n toestand van verwaarlosing en beeste word aan die heining vasgemaak. Onlangs is die gedenknaald gevandaliseer omdat dit glo 'n vrymesselaarsteken sou wys. Dit is sedertdien herstel. Bittermin mense besoek die begraafplaas.

Met die oop op voorafgaande is dit die plan van die Aksie Orde Boerevolk, om Boere-Republikeine op te roep om op 16 Desember, hierdie jaar, 'n beweging- Vriende van Die Kensentrasiekampe- Balmoral, van die grond te kry om om te sien na die versorging en groter publisiteit oor dit wat ons voorsate aangedoen is in die Engelse Oorlog.

Die plan is egter ook om die aksies uit te brei na ander konsentrasiekampkerkhowe om verwaarlosing teen te werk en die kransleggingsaksies uit te brei. Daar is oor die 140 sulke kerkhowe regoor die land wat met die huidige Bolsjewistiese regering aan bewind, binnekort aan die vergetelheid toevertrou sal wees as dit nie is vir 'n klein groepie, wat met karige middele, die verval probeer keer nie.

As jy sê jy is 'n Boer, wys jy is 'n Boer! Onthou, Balmoral 16 Desember!!!