Klagte teen Beeld - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 23 November 2011 17:18

My klagte by en teen die pers-ombudsman.

Geagte mnr Retief 23 November 2011

Klagte teen Beeld
...
Op 8 November 2011 is die saak teen my en Willem Boshoff, deur die klaers in die magistraatskantoor, te Krugersdorp, teruggetrek. Ek was aangekla van rig van vuurwapen en besit van ongelisensieerde vuurwapen. Willem Boshoff was aangekla van gewone aanranding.

Veertien dae het verloop en ek het nog nie 'n enkele verwysing daarna in Beeld gesien nie.

Graag verneem ek of dit die werkswyse is en of Beeld voor die verhoor geregtig was om te rapporteer soos hy gerapporteer het en nou die uitslag kan verswyg?

Is dit binne u bevoegdheid om iets hieraan te kan doen? Ek verneem graag van u.

Die uwe

Piet Rudolph.