Persvryheid in Suid-Afrika - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 24 November 2011 18:48

Kommentaar - Donderdag 24 November 2011

Persvryheid in Suid-Afrika – Bring die Harlekyne in!

Redakteurs

Die foto uit Beeld van senior koerantmanne wat Dinsdag, 22 November, 2011, die parlementsitting bygewoon het - Peet Kruger, Jan-Jan Joubert, Bun Booyens en die infame Tim du Plessis. ‘n Ontbrekende gesig is die van die ver linkse Max du Preez. Almal Afrikaanse persmanne.

Of dalk is dit die vroedvroue by die misgeboorte van dit, wat hulle persvryheid noem!

Hierdie manne, as ons hulle so mag noem,  is uit regse oord, vir baie jare in die politiek gewaarsku gewees oor die gevolge van dit wat hulle bepleit het. Sommige van hulle het in gloeiende terme, tipies soos ‘n Mbongi, lofliedere oor die ANC en die nuwe bedeling gesing. Veral in die tyd van die ou terroris, Nelson Mandela het hulle gifpenne van stroop geglinster.

Hulle was die sensors van elke woord wat uit regse geledere gekom het. Dit is of onderdruk of verdraai. Vir veertig jaar het ons dit ervaar! Sommer hierdie week weer. (Sien asb my onderstaande brief aan die gewaande ombudsman 24 November 2011.)

Geagte mnr Rudolph

Die besluit om te publiseer of nie te publiseer nie is volledig die redakteur s’n. Ek raai u aan om direk met die koerant in verbinding te tree.


Vriendelike groete


Johan


xxx


Die persombudsman (Ha Ha)

Geagte mnr Retief


Baie dankie vir u spoedige antwoord. Dit is effens vinniger as sommige van u antwoorde in die verlede.


Nou weet ons dat u pos maar eintlik 'n rookskerm is. Ek hoop nie u is maar ook net op die soustrein nie!


Piet.



Wat hulle gaan kry is hulle verdiende loon. Ons sal sekerlik saam met hulle swaarkry, maar ons het dit verwag. Vir hulle sal die koddigheid in tragedie verander!

Van ons aan die regterkant moes somtyds tronke trotseer terwille van die waarheid. Ons sal sien hoeveel van hulle het die moed van hulle oortuiging.

U, menere, begrawe nie persvryheid nie. U bou monumente vir u verkeerde besluite.

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph Namens die Aksiekomitee Orde Boerevolk.
E-pos : piet.rudolph@gmail.com
Facebook: Boere-Republikeine