`n Bietjie perspektief - Suidlanders PDF Afdruk E-pos
Maandag, 28 November 2011 22:02

Boere-gevangenes

`n Bietjie perspektief.
Posted on November 27, 2011 by Gustav Müller

Ons het nou al geleer dat wanneer die koerante enige berig oor regses of  ‘ver-regses’ skryf, dit nie net meer met `n knippie sout opgeneem moet word nie, maar sommer `n sak sout!
`n Voorbeeld, die koerante het met smaak uitgebasuin dat Willem Ratte (`n ‘ver-regse’?) aangekla was vir diefstal, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, asook dwelmhandel, met die moontlikheid van ‘kinder pornografie’! Wat het geword van al hierdie klagtes? Niks!! Waar was die koerante toe al die sake teruggetrek was? Weg!!

In Rapport se artikel (Soos ?iets uit die Wilde Weste?) van vandag word daar verwys na `n ‘sekte’, ek wil my in geen opsig uitlaat oor die betrokkenes se geloof-siening nie, want ek weet niks van hul siening en ek glo die skrywer van die artikel in Rapport ook nie! Ons moet egter versigtig wees om sommer die woord sekte aan iemand te koppel, want kyk waarvan was die Apostel Paulus beskuldig in Handelinge 24:5, “Want ons het gevind dat hierdie man `n pes is en `n verwekker van oproer onder al die Jode in die wêreld en `n voorman van die sekte van die Nasareners”.

Verder word die woord regs altyd ingespan by die een of ander smerige tafereel (weereens, as dit so is?) wat êrens afgespeel het, om die woord regs veragtelik te maak, maar tog sê die Bybel in Prediker 10:2, “Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van die dwaas is na links”. Besluit maar of u nog skaam gaan wees vir die woord, regs!

Hulle berig eerder oor drie vêrregses wat twee tente aan die brand steek, as oor o.a. die aborsie  situasie vandag? Sedert die aborsie wet aanvaar is, is 529 410 aborsies (moorde) in Suid-Afrika ‘gepleeg’. In 2005 alleen is 85 621 aborsies gedoen en 20 000 moorde gepleeg! Wie is nou eintlik ‘skurke’?

Om regs te wees, beteken nie jy hoef enige iemand te haat nie! Nee, om regs te wees is om God se Skeppings-orde te respekteer en te handhaaf, Hy het immers die verskillende nasies geskape. Om regs te wees is om nie deel te hê aan hierdie laaste wêreld koninkryk, waar hulle gaan poog om ons te vermeng nie! Die Bybel sê tog nou al vir ons dat yster en klei nie kan meng nie, en dat hierdie laaste wêreld koninkryk ook nie sal werk nie, en tot `n val sal kom! In Danieel 2:43 sê God, “hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie”.

Jeremia 6:16, “So spreek die Here: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.”

Laat ons tog terugkeer volksgenote, dat ons rus kan vind…!

Mooi week
Gustav.