Die Stryd om die behoud van ons Boere-erfenis - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Sondag, 11 Desember 2011 14:42

Die Stryd om die behoud van ons Boere-erfenis

VegkopSedert ons in hierdie land kom bloei het tot volk, is daar ‘n Sataniese aanslag teen ons om ons te vernietig. Hierdie “klein, windgerukte westerloot, wat hier in die Suide stam kom stoot,” was deur die Almagtige bestem om ‘n besonderse volk te word, iets heel anders as al die ander volkere in die wêreld. Enig in sy soort - die Boerevolk. ‘n Volk wat gegroei het uit die grond benat met die bloed en trane van martelare. Man, vrou en kind. Wie dit wil ontken, moet ook bereid wees om die Almagtige se ingryping in die lotgevalle van Volkere en nasies te ontken!

Die wonder van ons bestaan is ‘n beskermende daad van ‘n Hoërhand wat al die menslike begrip en insig ver te kort laat skiet om dit te verklaar.

Wat bestem was om ‘n groentewinkel te word, gestig deur ‘n korrupte Kompanjie-amptenaar,  het wasdom kom vind in ‘n volk;  die Hollanders kon ons nie beheer nie en die Engelse kon ons nie slawe maak nie. Die wye oop ruimtes van ‘n ongekerstende binneland het ons na Vryheid gewink. Die spieslem van die barbaar en die verbryselde kopbene van kinders, het vure van Vryheid in ons aan die brand gesteek wat al weer lê en smeul.

Vandag se aanslag mag dalk die ergste wees wat ons nog beleef het. Die moderne aanslag is om ons te laat verkleur en ons grond finaal van ons weg te steel. ‘n Goeie slaaf is ‘n verbasterde  en besitlose slaaf.  Dit is nie grond wat hulle wil hê nie, dit is uitwissing wat beoog word!

Daarom moet ons erfenis ten gronde gaan - vernietig word.

Dit waarvoor ons voorsate gely, gestry en gesterf het, moet bevraagteken word en in die proses afgebreek word deur dit verdag voor te stel. Ons kerkhowe moet verval en ons monumente vernietig word deur die bestaan daarvan verdag te maak en ons eie motiewe as verdag en agterlik voor te hou. Die vyande begin juig en die getalle van die Hendsoppers groei. Maar ons?

Ons weier om in te gee of oor te gee.  Ons weier om ons erfenis weg te gee!        

Vrouens en kinders het ‘n hongerdood gesterf eerder as om oor te gee. Vandag is hulle die jurie wat sal oordeel, wat ons daarvan gemaak het. Die Skepper van gister, vandag en môre sal ons oordeel of ons te lig bevind was. Doen jou plig.

Ons is Boere-Republikeine in ons murg en ons gebeente. Ons kan en sal niks anders wees nie.

Piet Rudolph
11 Desember 2011
E-pos: piet.rudolph@gmail.com