Ons bring hulde: kommandant Jopie Fourie PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 21 Desember 2011 13:57

ONS BRING HULDE-
kommmandant Jopie Fourie
Gebore op 17 Augustus 1879
Sterfdatum op 20 Desember 1914
in ‘n agterplaas van die Sentrale gevangenis, Pretoria.

Jopie Fourie

Hierdie Boereheld wat kinderloos gesterf het voor ‘n vuurpeleton van genl Jan Smuts omdat hy gerebelleer het teen die Britse regering van Sy Majesteit, die koning van Engeland, verhoor onder die Union Jack.

Toe ‘n afvaardiging, waaronder predikante, vir Smuts by sy huis by Irene, gaan sien het om te pleit vir begenadiging, was hy nie “tuis” nie maar daar is gesien hoe hy by die agterdeur van sy huis uitglip en in die veld in verdwyn!

Gister was dit 97 jaar gelede. Boereharte treur nog van “duldelose smarte” oor al die onreg deur die eeue aan ons Boerevolk gedoen. Dikwels deur mense wat voorgee om van “ons mense” te wees.

Getrou tot die dood geoffer vir Volk en Vaderland. Jopie Fourie – Ons sal onthou!

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee Orde Boerevolk. E-pos: piet.rudolph@gmail.com