Ons tyd - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 23 Desember 2011 19:32

Piet RudolphIn hierdie seisoen van welwillendheid en meelewing, kan geen redelike mens anders as om tyd af te staan aan 'n terugblik op ons pad van stryd, die verskillende fasette daarvan en selfs uiteenlopende benaderings en selfs verwagtinge. Daar is groot verskille en self vyandelikhede onder ons. Maar daar is ook raakpunte.

Ons aan die regterkant van die politiek is tot so 'n mate gefragmenteer, dat ons nie ernstig opgeneem word nie.

Die versugting in baie van ons harte is dat ons bymekaar moet uitkom en iets kan tot stand bring om die enorme probleme wat ons in die gesig staar, die hoof te bied. Dit is nie onmoontlik nie. Trouens dit is wenslik.

Ons tyd word min. Mag daar in die jaar wat voorlê,'n basis gelê word WAAROP ONS KAN BEGIN BOU OM ONS VRYHEID TE HERWIN. (Piet Rudolph - 23/12/2011)