‘n Kragtige noodoproep - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 28 Desember 2011 15:35

‘n KRAGTIGE NOODOPROEP

Boer genocideIn ‘n insiggewende artikel getiteld “No human or civil rights rights for the white minority or Afrikaner in South Africa”, skryf Sonia Hruska, onder andere die volgende:

“The double standards practiced by the UN are legendary, now the question remains if the global community will remain silent against the backdrop of the Genocide of the white minority.

The white minority and Afrikaners/Boers will have to challenge this gross violation of their human and civil rights collectively on international level.

Time to set aside our differences and tackle one of the most demanding challenges that we have faced as a nation as it determines our future and the future of our children.  We know where we are heading if we continue on our current course, let us then build bridges to change it… Nobody is going to do it for us, the ball is now in our court….”

Dit bevestig die twee kardinale uitgangspunte van ons benadering by Boere-Republikeine, naamlik dat as witmense ons nie by die VVO of enige ander buitelandse liggaam/liggame gaan reg kom nie. In elk geval nie as Afrikaners nie, want “ons” is die mees gehate draers van apartheid. Elke ding wat onder daardie naam gedoen word sal beskou word, ten regte of ten onregte, as ‘n poging om apartheid te laat “herlewe”. Daardie argument van die wêreld kan tot ‘n groot mate geneutraliseer word met die aandrang om die Boererepublieke te herstel, wat Internasionale erkenning geniet het. Daarom moet daardie aandrang ook uit een mond wees.

Sonia se ander punt oor Volksmoord-Genocide, wat eendragtige onderskraging eis, is die stelling: The white minority and Afrikaner/Boers will have to challenge this gross violation of their human and civil rights collectively..”
Hierdie is een van die kragtigste oproepe wat ek lanklaas gelees het, en verdien elke greintjie van ons kollektiewe optrede. “Nobody is going to do it for us, the ball is now in our court.”

Piet Rudolph: Aksiekomitee: Orde Boerevolk.