Die Huldiging van ons volkshelde - Orde Boerevolk PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 11 Januarie 2012 21:40

Die Huldiging van ons volkshelde

Geen volk met selfrespek, kan sonder sy helde bestaan nie. Geen volk kan ook sonder sy grond bestaan nie… die grafte van ons voorouers en helde is ook  ons grond. Daarom dat, met al die grondeise van die swart verdrukker, gryp hulle eerstens terug na die grafte van hulle voorsate om besit en besetting te bewys.

Geen volk kan ook op ‘n ander se grondgebied bestaan nie. Een moet ondergaan. Daarom is die taktiek van die swartes om grafte te eis, ‘n strategie om ons te verdryf en uiteindelik uit te wis. As ons nie opstaan vir ons grond en ons graftes nie, sal ons ondergaan so seker soos wat die son vanoggend opgekom het.

Daarom is die wekroep van hulle wat ons nagedagtenis wil vernietig deur ons erfenis af te breek, die magtigste wapen wat ons vyande teen ons gebruik. Vergewe, vergeet en vernietig.

Vandag word van ons verwag om emosieloos toe te kyk hoe ons erfenis uitgewis en ten gronde gemaak word.

Op u en my, as trotse draers van ons roemryke verlede, word verwag om iets hieraan te doen. Dit is nie net ‘n voorreg nie, dit is ‘n vereiste.

Toe ons volk uitwissing in die gesig gestaar het, het die Almagtige dit gewil dat daar vir ons, die nageslag van die verpletterdes, in vlammende letters die een woord geskryf word - Vereeniging. Daarvoor pleit ek by u, vandag, verenig verinnig en veredel.

Ons probeer ons Boerevolk saamsnoer rondom die offer van die 24 000 kinders en die 3 000 vrouens wat deur die Britte in Engelse konsentrasiekampe, verhonger en vermoor is. Deur op sekere Boere-gedenkdae by konsentrasiekampkerkhowe bymekaar te kom en kransies te lê op hulle grafte, sal ons weer ‘n vlam aansteek by hulle nageslag oor wie en wat ons is. Ons hoop voorts om daarmee weer ons erfenis in besit te neem en te bewaar.  Ons mag nie hulle opoffering vergeet nie  omdat “die kale grafte roep: “Onthou, onthou.”

Ons Boere-geskiedenis is een van die roemrykste herinnerings wat enige volk kan hê en deur die grafte te onthou sal ons as volk bly voortlewe.

Ter herinnering aan wat vir ons beoog was plaas ons ‘n openbare kennisgewing van Julie 1900 wat deur die Britse regering uitgereik is. Gemik teen die burgers van Krugersdorp, is dit op ons totale Boerevolk van toepassing gemaak. (Die bekendmaking daarvan met erkenning aan Elna Ross op Facebook.)

V.R. Public Notice - Krugersdorp, 9 July, 1900

Opgestel en uitgereik deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee, Orde Boerevolk.
E-pos: piet.rudolph@gmail.com