PW Nel - Welkom terug - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 19 Januarie 2012 17:33

Pieter Willem Nel

Piet “Skiet” Rudolph, 1990PW - Welkom terug in die oerwoud. Gaan so 'n bietjie aanpassing kort, veral in die oggend as jy wakker word!

Ek wil graag met jou iets deel. As my boek klaar kom, sou jy dit al gelees het, maar miskien is dit goed om nou vir jou te vertel om te verhaal dat deur ons stryd, loop 'n goue draad.

Nadat ons in April 1990 die wapens by die Lugmag gesteel het om FW de Klerk met wapengeweld aan te vat oor sy abdikasie, het die polisie my begin jag. Diegene wat so vurig aan my kant was buite die tronk, het soos mis voor die môreson verdwyn. Ek is laat verstaan dat die Lugmag 14 dae sou vat om uit te vind die wapens is weg. Hulle het die volgend dag geweet en 24 uur later was 'n lasbrief vir my arrestasie uitgereik. Daar was nie nog tyd om reëlings te tref nie. Dit moes inderhaas gedoen word.

Wapens - April 1990 Wapens - April 1990

Eugene Terre'Blanche het die Woendagaand 'n vergadering op Krugersdorp gehad. Ek sou saam met hom gepraat het. Ons het besluit dat ek sou wegbly om te kyk wat die polisie sou doen. Ek was op Ventersdorp en het teenaan die polisiestasie gaan skuil in die huis van wyle ds Coenie Snyman. Dit was ook by die Ventersdorp-begraafplaas en ons het afgespreek dat ons na die vergadering daar sou ontmoet.

Eugene Terre'Blanche. Welkom, 1990


By die ontmoeting het hy bevestig dat die polisie by die vergadering was. Jp Meyer wat sy bestuurder was en ander was ook in die begraafplaas. Terre'Blanche se opdrag was dat JP my na Boshof sou neem en dat ek daarvandaan by Graaff-Reinet moet gaan skuil.

JP Meyer, 1990


Ek het sommige mense by die ontmoeting nie vertrou nie en toe ons by Ventersdorp uitry en JP regs wou draai, vra ek hom om links te draai Pretoria toe. So begin my soektog vir skuilplek. Sulke aandoenlike verskonings om nie by sekere mense te skuil nie, het ek nog nooit weer gehoor nie. Ten einde raad sê ek vir JP om my na Trudie Rautenbach, skoonma van die Witwolf te vat, wat naby Die Hartbeespoortdam, gebly het. Hulle huis kon van die teerpad afgesien word. Toe ons afdraai sien ons n voertuig stilhou en twee mans uitklim en na Trudie toe stap. Ons het 'n rukkie gewag en ek het toe vir JP na Trudie gestuur om vas te stel wie is die manne en om te reêl dat ek daar vir die nag sou skuil.

Jp het na die kombi teruggekeer en vir my gesê dat die manne na my soek en my kom haal het om by hulle te kom skuil by Rustenburg. Ek het geweet dit was 'n Godsbestiering. Ek is Rustenburg toe en het vir 14 dae geskuil by die jongman en sy vrou, totdat die stof gaan lê het.

Daardie jongman en sy beeldskone vrou. Is jou suster en haar man. Meer as twintig jaar het verloop. Niks kan meer aan hulle gedoen word nie. Ek wou net vir jou vertel van die goudraad van stryd wat ons bind. Jy is goeie Boerestoffasie en iemand op wie enige volk trots kan wees. Ek salueer jou- Piet Rudolph.

Orde Boerevolk, June 1990