PW Nel het sy bydrae gelewer ten bate van die Boervolk. Nou kan ons 'n bietjie ons kant bring! PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 20 Januarie 2012 11:05

Carlin en PW Nel

Boodskap van Jerry Bezuidenhout (Rustenburg)

Goeie more Boere en Boerinne. Ek en Piet was gistraand bietjie by PW Nel na sy vrylating. Die man en sy vrou is in n ekstase en ons dank die Vader vir sy vrylating. Ek soek asb bietjie hulp om sy lewe makliker te maak aangesien hy alles verloor het toe hy tronk toe was. Indien iemand ons kan help met n selfoon, kos en ordentlike klere sal dit hoog op prys gestel word. Dan soek hy ook werk en blyplek in Rustenburg of omgewing. Mense dit is een van ons volks helde kom ons doen ons deel. Ek sal later die bank besonderhede beskikbaar he indien julle n kontant bydrae wil maak.
Baie dankie byvoorbaat.
Boere groete

PS: PW se broek groote 38 hemp XL en skoen 12.

WC Nel, FNB, Spaar, Rek-62333980614, Tak-202009.