Die politieke pornografie van die DA - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 25 Januarie 2012 15:00

DIE POLITIEKE PORNOGRAFIE VAN DIE DA

Helen Zille

Die Demokratiese Alliansie is 'n maaksel van Satan self. Hierdie mismaaksel staan vir alles wat vreemd is vir die Boerevolk. Die party sal rasse-integrasie bevorder ter wille van 'n paar swart stemme in die hoop om die ANC te verslaan. ‘n Hoop wat hulle tevore beskaam het omdat hulle weier om die psige van die swartman te aanvaar. Blykbaar glo dié party dat die beeld van suggestiewe rasse-integrasie, hulle stemtotale sal bevorder. Wanhopige politiek prostitusie in die hoop dat swartstemme op hierdie wyse “gekoop” kan word. Uitlokkende politieke prostitusie,as daar ooit was.

Dit is ‘n duidelike aanwysing dat die DA sy politieke veldtog vir die volgende verkiesing begin het en wat ons te wagte kan wees. Hierdie taktiek is reeds in die verlede deur Helen Zille beproef, sonder enige sukses. Tony Leon skryf in sy boek, “On the contrary,” die volgende:

“Racial cleavages endured. According to our analysis, 81,8% of the ANC’s vote was from black people and 74,9% of the DA’s from whites. Helen Zille had laboured mightily to advance our cause in the poor black Khayelitsha and Crossroads areas. Afterwards she related how, shortly before the polling day, she telephoned the hundreds of individual constituents whom she had assisted directly in the preceding years. Would they vote for her? The generally uniform response was: “We appreciate what you did, but we have to vote ANC.” p620

Die DA verstaan goed dat met witstemme alleen, hulle nie ‘n hoop in die hel het om ‘n regering te vorm nie. Leon skryf verder in sy boek:

“Only a majority black party can hold power in South Africa. So a change of government requires a breaking of the nostalgia vote – and a substantial movement of voters from old party loyalties and sympathies. And for new votes to be gained, at least some traditional ones will have to be lost.” p656.

Dit beteken net een ding. Die wit stemvee is opofferbaar. In die armer Blanke gebiede waar kiesers oor hulle voete geval het om vir Helen Zille te stem, omdat sy die Withoop teen die ANC sou wees, wag daar ‘n ontnugtering. Selfs die infame Radio Pretoria, wat soveel steun aan die DA gee en deel is van die misleiding, asof die DA, ‘n party van betekenis is, is in vir ‘n skokkende wakker word. Politiek opposisie, ja, maar ons bondgenoot-nooit.

Dit was Tony Leon se siening in die 2009 verkiesing. Dit is die DA se plan vir die volgende verkiesing.

“What this search could yield before the 2009 election remains to be seen. But, self-evidently, the party needed to fill its ranks with black South-Africans.” p656

Wit kiesers wat vir hierdie party stem, moet hulle koppe laat lees en die wit possiesoekers wat vir die geklingel van dertig silwerlinge, deel het aan die politiek prostitusie, moet weet-dit is verraad teen die Witman!

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee Orde Boerevolk.
E-pos: piet.rudolph@gmail.com