My liewe Andre Visagie... - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 27 Januarie 2012 17:08

Andre VisagieMy liewe Andre- Ek het waardering vir jou gemoedstoestand. Soos myne, grens joune aan radeloosheid.

Ons probleem is dat ek en jy en nog drie, kan niks aan hierdie situasie doen nie. Die Witman moet wakker word en dit is die Witman wat moet opstaan!

Jou en my krete is soos die suis van die wind. Dit gaan ongesiens verby!

Kry die volk bymekaar! Nie rondom groepies en selfaangestelde generaaltjies nie maar eendragtig rondom ons aandrang vir die Vryheid van die Boerevolk. Dit sal dié Witman wees wat hom versterk binne die skanse van die Boerevolk, die aandrang op vryheid gaan dra. Die Afrikaners gaan niks maak nie, behalwe om na kompromieë te soek. Dit het tyd geword om hulle te groet.

Daar is geen witmens in hierdie land wat kan sê dat hy nie weet van die uitmoor van sy mense nie. Die enigste rede vir die niksdoen, is dat hulle oor gegee het. As ons mense dan so ruggraatloos wil wees, verdien ons om onder te gaan!

Daarmee saam die kreet van dwepers wat alewig ons stryd en wat ons móét doen, op die Almagtige aflaai en dit as verskoning gebruik waarom hulle niks doen nie.As ons nie iets doen nie, sal die Vader ons aan ons genade oorlaat!

Dit het tyd geword om ons prioriteite reg te kry. Maak die volk bymekaar! (Piet Rudolph).

= = =

Dit blyk uit getuienis in Andre Visagie se saak,aldus die Volksblad- dat daar 'n bewering gemaak is oor sy huisbediende, wat inligting sou verskaf het. Of dit waar is of nie,dit daar gelaat.

Ons moet ons lewenswyses verander. Raak ontslae van die huisbediendes, kinderoppassers en tuinwerkers. Dit is die ANC-agente binne ons huise en medepligtiges aan ons ondergrawing. Menige witvel lê in hulle grafte as gevolg van swart bediendes. (PJR)