Hierdie is 'n SAAMSTAAN-aksie - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 28 Januarie 2012 13:55

OPROEP!

White Genocide in southern AfricaOns praat met mekaar maar lyk my, ons praat bymekaar verby!

Miskien moet ons mekaar 'n slag in die oë kyk as ons praat. Met dit in gedagte en bewus van wat vir ons wag, het dit dalk tyd geword dat diegene wat dieselfde voel, bymekaar uitkom.

...

My beskeie plan is om in Pretoria, 'n konferensie te hou van almal wat dieselfde oor ons toestand voel. Te kyk of ons die huidige toestand behoorlik kan ontleed en dan te kyk na toekomstige optrede.

Dit het niks te doen en dit is nie onder die vaandel van enige organisasie nie. Persone kan wel as afgevaardigdes van hulle onderskeie organisasies registreer en insette lewer. Dit gaan uitsluitlik oor die toestand waarin die Witman hom bevind. Dit moet 'n verkennende gesprek wees wat opgevolg gaan word. Daar sal geen besluite geneem word wat nou bindend sal wees nie.

Die plan is om enigeen wat 'n inset wil lewer oor ons toetand, 'n platform te gee. Daarmee saam wil ons die weg voorberei dat ons een kan word van hart en sin.

Belangstellendes kan my hier kontak met u voorstelle en as u bereid is om saam te werk, met u kontakbesonderhede. U kan dit, tesame met u voorstelle, ook stuur na my e/pos- piet.rudolph@gmail.com of posbus 49018, Hercules, Pretoria, 0030 of sakfoon 072 419 3516. Hierdie is 'n SAAMSTAAN-aksie - Piet Rudolph