Breekpunt is verby - Andre Visagie PDF Afdruk E-pos
Maandag, 30 Januarie 2012 09:06

Andre VisagieAlle Geloftevolk Republikeine: Breekpunt is verby. Moord op ons volksgenote neem selfs in tempo toe!! Op Maandag 30 Januarie 2012 sal daar skriftelik aangevra word vir 'n dringende ontmoeting met Zuma self en die Minister van Polisie asook die Minister belas met staatsveiligheid om 'n dokument af te lewer en te bespreek waarin GR formeel finaal en vir die laaste keer waarsku dat teenaanvalle teen moordenaars van ons Boerevolk op die punt van uitbarsting is. As leiers, gaan ons beheer verloor oor ons mense wanneer geweld op aanvallers van ons volksgenote en hul meelopers uitbreek. Die dokument sal deur die Leier, Onderleier en Sekretaris-generaal van die GR oorhandig word. Daar bestaan geen lys van GR lede nie en dit sal ook nie bestaan nie, omdat ons die identiteit van ons mense op so 'n wyse bewaar dat daar nooit vervolging teen hulle ingestel sal kan word sonder dat hulleself na vore kom nie. Die inhoud van bogemelde dokument sal met behulp van ons eie buitelandse strukture ook in die VSA, Europa en Australie/New Zeeland se pers beskikbaar gestel word. Datum van oorhandiging aan Zuma sal baie vinnig in die toekoms plaasvind. Indien hulle ons dokument nie wil ontvang nie, faks ons dit, stuur dit met e-pos, per aangetekende pos, as ope brief in die media, met Speed Services en gaan lewer dit in elk geval per hand af - al is dit aan die deurwag by Zuma se kantoor.
So veel moontlik Geloftevolkers moet asseblief saamkom - want dit is blykbaar al waaraan die ANC hulle steur. (Dit pas ons.) Dit sal ongelukkig op 'n werksdag (weeksdag) moet gebeur, maar u sal hierdie keer die opoffering moet maak indien u ook ernstig is oor hierdie saak. Regsmening sal binne dae aandui of u met klapmuts (ballaclawas) kan saamkom - ons wil steeds nie u identiteit weggee nie. Daaglikse vordering sal saans op hierdie blad gerapporteer word.

Geloftevolkgroete,
Andre Visagie