'n oefening in futiliteit - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 11 Februarie 2012 18:46

VierkleurOns Boerevolk moet wegkom uit hierdie stelsel uit en die waan dat daar binne politieke konstruksies en groeperinge, 'n oplossing te vind is. Dit is 'n skepping van partydigheid en verdeeldheid. Daar is nou weer 'n skeuring binne die VF+. Nie 'n grondverskuiwende gebeurtenis nie, maar tog hartseer. Dit dui net op een ding: jy kan nie wydsbeen in die politiek na oplossings soek nie. Vergeet dit.

Ons oplossing lê ook nie in die stigting van nuwe politieke partye of soos die VVK-fiasko nie.

Ons moet alles in ons vermoë doen om die ideaal van totale soewereine onafhanklikheid en die herstel van die Boerevolk op sy histories grondgebied, in ons mense se borskaste, wakker te maak! Enigiets anders is 'n oefening in futiliteit. PJR 11/2/2012