Die Boervolk kla Zuma aan - Geloftevolk Republikeine PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 23 Februarie 2012 11:15

van die webwerf van GR

Boervolk Kla Zuma Formeel aan!!!

Andre Visagie"Aan elkeen van ons mense wat elke dag maar net kopskud oor die moorde op ons mense, elkeen van u wat sê dat "iemand iets moet doen, dinge kan nie so aangaan nie", aan elkeen wat al 'n geliefde verloor het in hierdie barbaarse moorde, elkeen wat iemand ken wat al in so n tragedie betrokke was, hier is nou die geleentheid om te kom kyk hoe hierdie regering, van die president tot die SAP, aangekla word deur die Boerevolk!"

Los jou vergadering, los jou beplande inkopies, hierdie is n grootse gebeurtenis in ons geskiedenis. "IEMAND GAAN NOU IETS DOEN OMTRENT DIE VOLKSMOORD"!

BOEREVOLK KLA ZUMA EN DIE ANC FORMEEL AAN *NOU BEGIN DIE BOERE DOEN *: Eerskomende Vrydag om 14:30 by die Hoofkantoor van die Menseregtekommissie in Braamfontein, Johannesburg, gaan die Boerevolk nog ‘n stap neem om die aanhoudende moorde op ons volksgenote vreedsaam te probeer verhoed. Daar word om 14:30 ‘*n formele klag* by die Menseregtekommissie *teen die Staatspresident Mnr Jacob Zuma* gelê, omdat hyself op die ANC-feesvieringe in Bloemfontein vroeg vanjaar gesing het “kill the Boer”, terwyl dit algemene kennis is dat die howe bevind het dat dit wel haatspraak is, dat dit mense kan aanhits om met moorde op blankes voort te gaan en dat dit by wyse van ‘n interdik deur die hof verbied is. Die bron van die aanhitsing tot moord op die Boere, is dus in die staat gesetel. Die Boere kan dus nou ook finaal bewys lewer dat Zuma nie die Boere se Staatspresident is nie, want geen Staatspresident moedig kriminele moord van sy eie mense aan nie. Indien die Staatspresident moord op die Boere aanmoedig, is dit sinneloos om te dink dat die owerhede en veral die polisie hierdie volksmoord sal voorkom, beveg of erns sal maak van die ondersoek, die vervolging van misdadigers en veroordeling van sulke misdade.
Dit alles rym met die feit dat Geloftevolk Republikeine se versoek aan die Johannesburgse munisipaliteit om ‘n optog te hou vir die oorhandiging, begroet is(onmoontlik gemaak is?) met die volgende voorwaardes :

1. ‘n Aansoek moet 90 dae voor die optog ingedien word vir oorweging en

2. R500 000.00 moet as deposito betaal word. Grondwet-artikel 17 - (as deel van die Menseregtehandves), verleen uitdruklik die reg om vreedsaam te betoog, maar anders as die ander Grondwet-artikels, word hierdie reg nou gereserveer vir diegene wat R½ m kan betaal.

Dit blyk nou duidelik dat sommige Grondwetregte – soos artikel 9 (*Elkeen het die reg op lewe*) net vir sekere donkerkleurige mense in SA bedoel is en dat ander regte in die Menseregtehandves slegs bestem is vir die rykes.
In die eerste 2 maande vanjaar is dusvêr 29 Boere deur swartes vermoor en aangerand met die doel om hulle te vermoor – ‘n gemiddeld van 15 mense per maand. Ons moet dus wag, terwyl daar nog 45 (15X3mnde) Boervolksgenote vermoor word, voordat ons kan poog om by wyse van protesoptog, die regering te kan verplig om meer aandag te gee aan moorde op Boere as aan renosterstropery!!!

*‘n Tweede klagte* wat gelê gaan word, is ‘n klagte *teen die SA Polisie*wat staan en toekyk hoe haatspraakplakate voor die hof by die Eugene-Terreblanche moordverhoor deur swartes geswaai word (“die Boere word gebleksem”), maar dit word goedsmoeds deur die polisie geïgnoreer, terwyl ons weet dat ‘n plakaat in die hande van ‘n witman met die woorde “Die ****** word geblesem” by ‘n hofsaak waar ‘n witman ‘n swarte so brutaal en wreedaardig vermoor het, tot onmiddellike arrestasie van die witman sal lei. Kortom, die polisie is net so rassisties soos die Staatspresident!!!!

*Die derde klagte* word gelê *teen die ANC-regering* wat nou rassisties diskrimineer teen blankes in SA wat net mooi niks met die vasstelling van beleid, die toepassing daarvan en die rasse-diskriminasie in die sogenaamde apartheidsera te doen gehad het nie – die enigste “onreg” wat die mense gepleeg het, is om met ‘n wit vel gebore te word!!!
Dit is dus die suiwerste vorm van rassisme denkbaar. Kinders wat in 1990 gebore is, weet nie eens wat die woord “apartheid” beteken nie, maar daar word nou op 22 jarige leeftyd, met indiensneming(veral in die owerheidsektor) teen hulle gediskrimineer op grond van die kleur van hulle vel.

‘n Byeenkoms of ‘n optog by die oorhandiging van die klagskrif Vrydagmiddag by die Menseregtekommissiehoofkantoor is op grond van die Munisipaliteit se voorwaardes dus onwettig, maar vele volksgenote wat hierdie inlewering van klagtes ondersteun, het vasbeslote te kenne gegee dat hulle ooggetuies wil wees om te sien hoe hierdie klagtes by die Menseregtekommissie se Hoofkantoor in Braamfontein oorhandig word en deur hul teenwoordigheid, gaan hulle steun vir hierdie klagskrif illustreer. Hulle het gesê hulle gaan daar wees – buig of bars, want die Menseregtehandves se art 21(1) lui soos volg: (die opskrif in die Grondwet is *VRYHEID VAN BEWEGING EN VERBLYF *) “Elkeen het die reg op vryheid van beweging”!!! Dit val nie binne ons (die Boerevolk se) magte om enige mense te verbied om daar teenwoordig te wees nie en dus kan ons hulle nie verbied om hulle steun deur hul aanwesigheid te demonstreer nie!!!!!

Ons gaan geen optog hou nie en ons gaan geen byeenkoms hou nie – ons gaan op ‘n wettige wyse sonder geweld,namens die Boerevolk klagtes lê wat bloedvergieting kan verhoed.

Boeregroete,
Andre Visagie

Kontak S/genl Andre Nienaber
Sel no 0718779040
Epos
rebelsrussafaris@gmail.com nienaber93@ovi.com