Wat staan ons te doen? - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 03 Maart 2012 22:35

Wat staan ons te doen?

Vryheid vir die Boervolk!

Te midde van 'n ontsettende verdeeldheid en faksievorming binne die Blanke opset in Suid-Afrika, is daar behalwe 'n ooglopende gebrek aan dinamiese leierskap, ook nog die onvermoë van die bedreigde om die aard van sy bedreiging behoorlik te ontleed. Ons word mislei deur sport en stemreg.

Intussen is 'n uiters swak en rassistiese regering besig om toenemend die teelaarde vir opstand en rewolusie te skep met allerhande bedreigings teen die wittes.

Gesien in die lig daarvan, is dit noodsaaklik om ons posisie onderoë te kry. Opstand is onvermydelik as die Bolsjewiste aangaan, soos wat hulle aangaan. Somtyds neem 'n gewaarwording van ons besit dat die regering juis hiervoor speel en uitsien na 'n tweede Boeremag-scenario. Dit spreek vanself dat so 'n toestand, vir die Blanke groot gevare kan inhou. In elk geval is ons nie gereed vir so 'n situasie nie.

Die politieke pad wat ons nou moet volg, is nie een van opstand nie, maar eerder dié van protespolitiek waar die regering gedwing word om van ons griewe kennis te neem en ons mense opgevoed kan word dat die onregte teen ons, nie gelate aanvaar gaan word nie. Ons doel bly steeds totale soewereine onafhanklikheid. Hieraan moet ons werk en hierheen moet ons hande vat, hoe moeilik dit ook soms sal wees. Piet Rudolph 3/3/2010.