Brood vir Nood: 24 Maart 2012, Rustenburg PDF Afdruk E-pos
Maandag, 19 Maart 2012 01:02

Hierdie projek is begin deur ‘n handjievol mense wat die nood van hul medemens in hulle omgewing kon waarneem.

As gevolg van die geweldige nood onder die Blankes aangaande behuising, kos, klere, werk en basiese daaglikse behoeftes, het ek in Maart 2010, die voorstel aan AWB-lede gemaak om ‘n organisasie te stig om hierdie mense by te staan. Ek het op die naam Brood vir Nood besluit nadat ‘n Blanke boemelaar-dame vir my gevra het vir ‘n brood om haar honger te stil. Ek het tot die besef gekom van die groot nood waaronder ons medemens verkeer.

XXXXXXX en sy vrou YYYYYYY, het gedurende hierdie tyd ‘n groot bydrae gemaak tot die projek deur Blanke plakkerskampe te identifiseer in en om Rustenburg. Daarna het die res van die mense wat by die AWB betrokke is, hulle volle steun gegee en ruim bydraes gemaak.

Vandag is dit nie meer ‘n geheim nie – ons Boerevolk bevind homself in realiteit van Volksmoord. Die huidige sosio-ekonomiese konflik lê in die grein van ons gemeenskappe en ons besef  die owerheid se poging is blykbaar om alle wit mense te laat krepeer van ellende en sodoende te  sterf. Die meerderheid van ons Volk kyk weg van die lewe om in ‘n droom te lewe wat hul vir hulself kweek. Daar is egter steeds die vegters vir geregtigheid!

Een van die invloede van die sosio-ekonomiese vernietiging van ons mense, is die radikale toename in getalle van arm witmense om elke  hoek en draai van ons land.

Die primêre doel in hierdie projek is om hande te vat in die stryd teen die verarming van Blankes om dit teen te staan en tot hulp te wees in hul tyd van nood.

Met Brood vir Nood bied ons ‘n geleentheid waarmee u ons behulpsaam kan wees om die omstandighede waarin menigte van ons mense verkeer, deur hul nood te verlig en hul honger te stil en dors te les.

Jou Volk Het Jou Nodig!
Jou medemens het jou nodig!
Is jy bereid om ’n verskil te maak?!

Ondersteun hierdie projek om ons mense se lewe meer draagliker te maak.

Jerry Bezuidenhout
Rustenburg


Sunette Bridges - 24 Maart 2012 - Die Kasteel, RustenburgTer fondsinsameling van bogenoemde projek, tree Sunette Bridges op 24 Maart 2012 op by Die Kasteel net buite Rustenburg op die Johannesburg-pad. Ondersteun ons asseblief in hierdie aksie. Indien u nie die geleentheid kan bywoon nie en graag ‘n donasie wil maak, is die bankbesonderhede:

BROOD VIR NOOD
Nedbank
Reknr:  1084032708
Takkode: 108410


Faks asseblief bewys van inbetaling na
086 586 3133

Kontakpersoon:
Chantal van der Berg Tel. 014 5333423.
Kaartjies kan by Gardenialaan 1, Proteapark, Rustenburg afgehaal word.