Internasionale oproep vir die Boere-gevangenes van die “Boeremag”! (2012) PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 17 April 2012 15:24

Vanaf Gerhard Smith

OPROEP TOT INTERNASIONALE INGRYPE IN ONREG VAN BOEREMAGSAAK

Boere gevangenes - Ons vergeet jullie nooit nie!• 24 mans is aangekla van Hoogverraad teen die Republiek [Ryk. Ed.] van Suid-Afrika, as hoofklag en is reeds in 2002 in hegtenis geneem. Vir meer besonderhede oor die saak kyk: http://www.boerevryheid.co.za/forums/content.php?309-Polisie-sit-agter-die-sg.-BOEREMAGSAAK
• Meer as 20 Boerevolksgenote word vir langer as tien jaar aan ʼn uitmergelende hofsaak onderwerp.
• Tydens die verhoor is getuig hoe regerings agente; polisie informant-provokateurs, ʼn prominente rol gespeel het om die saak te beplan, aangeklaagdes aan te hits en die verloop van die gebeure te orkestreer.
• Van die aangeklaagdes is 11 vir die hele tyd as “verhoorafwagtendes” (nou reeds tien jaar) sonder dat borg aan hulle toegestaan is, in aanhouding in omstandighede wat erger is as gevonnisdes byvoorbeeld geen kontakbesoek vir 10 jaar lank nie.
• Almal wie se borg geweier is, het voor swart regters verskyn terwyl almal wie borg op grond van die reg gekry het, het voor blanke regters verskyn het.
• Agt van die aangeklaagdes is geskei sedert die aanvang van die verhoor, twee van die aangeklaagdes is reeds oorlede, terwyl een tans terminaal siek is.
• Een van die aangehoudenes is ouer as sewentig, het verlede jaar ʼn hartaanval gehad, daarna ʼn drie-vat hartomleiding ontvang en borg word steeds geweier.
• Die saak is tans weereens uitgestel (vir vier maande), tot 23 Julie 2012.

Hierdie ongeregtigheid is ʼn misdaad teen die mensdom en vind plaas in Suid Afrika wat deel van die VN se veiligheidsraad is. Die regsbeginsel dat een onskuldig is totdat hy skuldig bevind is, geld nie in die geval nie.
Die internasionale gemeenskap moet hiervan kennis neem en daarop aandring dat onmiddellike regstellings gemaak moet word.