Middelburg, 27 April 2012 – Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Sondag, 29 April 2012 11:50

Vryheidsdag... en ons is nie vry nie!!

Middelburg, 27 April 2012

Piet “Skiet” Rudolph, Middelburg 27 April 2012MIDDELBURG, 27 April 2012. Op die oosterkim het 'n nuwe dag begin gloei wat so effens die winterkoue in ons harte, wil-wil verdryf.

Dankie Ben Strijdom en jou span wat die kleim gaan afsteek het en dankie vir jou rede by die stadion. Dit was die enigste rede wat naby 'n Volksoproep gekom het. Dankie ook vir die ander groepe wat se leiers daar gepraat het... Met sulke groepsleiers behoort hulle organisasies op hulle trots te wees. Pragtig was die vele blosende jongmense en die talle Vierkleurvlae- simbool van ons Boerevolk se vryheid.

Ongelukkig is dit ook so dat 'n paar goed gesê moet word, wat ongesê, valse illusies mag skep. Dit was nie 'n volksbyeenkoms wat aan daardie verwagting kon voldoen nie. Ons was minder as verlede jaar. Die rede daarvoor, is voor die handliggend. Ons het nie bymekaar gekom as vry mense nie. Ons het bymekaar gekom as knegte op die voorwaardes van die verdrukker. Daar was niks wat ons aan die "keiser moes gee wat die keiser toekom" nie. Die keiser het sy stempel AFGEDRUK, OM SY OUTORITEIT op sy onderdane en hulle knegskap te bewys. Ons het dit met bitter min protes aanvaar. Hierdie jaar mag 'n Boer nie 'n perd hê nie, volgende jaar nie sy vlag nie, en die jaar daarna, dan mag hy nie bid nie! Dit is die pad van verdrukking en onderdrukking.

As ons vry wil wees moet ons wys ons wil vry wees. Die voorwaardes van die vyand, is die kontrak van ons knegskap. Daardie gehoor moes sy geleentheid gehad het om sy misnoegdheid met die beperkings wat op hulle geplaas is, duidelik en ondubeelsinnig uit te spreek. Die volk moet praat! (Piet Rudolph 29/4/2012)