Onthou jy nog... 31 Mei 1902 PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 30 Mei 2012 20:37

Bittereinder - Bloemfontein

Onthou jy nog...

Vanaand, 31 Mei 2012, staan ons presies 110 jaar na die vooraand van die sluit van die (vernedering) vrede van Vereeniging.

110 jaar terug het ons voorouers, ons oupas, het in die veld gesit in die koue, met klere wat van swaarkry getuig. Hulle gedagtes hunkerend na hulle geliefdes wat in konsentrasie kampe sit, of dalk in die moordkamp kerkhowe berawe le in 'n naamlose graf.

Ons Oumas, Vroue en Kinders gebreek en verneder, verhonger en verwese. Rou in die daaglikse droewigheid van vriende en hulle geliefdes wat rondom jou sterf, om van jou eie verliese nie te praat nie. Kinders huilend van die honger, met kroniese pyne van van wanvoeding, koue en vergiftiging.

Betreurins waardige omstandighede, waarin ons voorouers hulle bevind het. Om te leef vir 'n idiaal van God's Woord Regeer. Dit, op eie grond, wat wettiglik en eerbaar bekom is, en deur almal van reg oor die wereld, as vrye grond erken is, te moet staan en oorgee, sonder enige vergoeding, sodat ander mense hul kan vereik uit ons skatte.

As jy vanaand daar was, wat sou jou besluit gewees het?

Hierdie het niks met rassisme of poletiek of die ander drek te doen nie. Net 'n vraag van een Boer aan 'n ander.

Boereliefde en Groete

Werner Kr├╝ger